fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, October 1, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Kruik Oggenddiens 16 Augustus 2020

    Ons sluit af met ons reeks: "Die Here is my Herder." Wat beteken hierdie woorde vir jou? Is daar miskien meer wat daarin vir jou lê?

    Welkom by Kruik se oggenddiens 16 Augustus 2020

    Ons sluit af met ons reeks: “Die Here is my Herder.” Wat beteken hierdie woorde vir jou? Is daar miskien meer wat daarin vir jou lê?

    Kruik Oggenddiens 16 Augustus 2020

    Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/30420595

    LEES OOK: Kruik se Oggenddiens 9 Augustus 2020

    Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

    Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

    1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

    2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

    Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

    Ons sal graag met jou gesels.

    Geniet die diens saam met ons hier by Kruik!

    Preek notas:

    As ons terugkyk na die afgelope 3 weke is daar paar sleutelgoed wat ons uit Dawid se storie kan haal as hy sê; Die Here is my Herder.

    1. Dawid is eintlik op donker plek as hy dit skryf, ons kan dink dit gaan goed met hom en daarom skryf hy dit, maar hy is op die teenoorgestelde plek in sy lewe. Miskien bring dit die bewustheid dat God juis met ons werk in donker en moeilike tye, en dat Hy lei wanneer ons Hom nie nodigste het.

    2. Hy sê; die Here! Daar is nie iemand groter as die Here nie en Hy wil voor jou stap, sodat jy na die goeie plekke van jou lewe kan gaan. Die Here is nie in ‘n kompetisie met enige iemand nie insluitend die duiwel, die duiwel is ‘n skepsel, God is die Skepper! Die Here is my Herder!

    3. Hy sê; Die Here is my Herder ek kom niks kort nie. Dawid maak dit persoonlik! Hy sê; My… en Ek. Al is ek alleen is God by my.

    4. Ek kom niks kort nie. Die Here is genoeg! Die mens is heeltyd opsoek na nog, Dawid sê; Ek het niks meer nodig nie.

    5. Net die Here kan my vrede en rus gee. Paulus sê; Vrede wat my verstand ten bowe gaan.

    (Fil 4:6)Fil 4:6,7 Message – Don’t fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns. Before you know it, a sense of God’s wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It’s wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life.

    6. Hy maak my siel lewendig, Hy vat na my wie ek werklik is. Net die Here kan my ware lewe gee. “By the waters of reflection my soul remembers who I am.”

    7. Al kom enige iets naby my ek sal nie vrees nie, want U is met my. Daar is niks groter as die Here en Sy liefde vir my nie.

    Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Romeine 8:31

    Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Romeine 8:32

    Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Romeine 8:35

    Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Romeine 8:37

    Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Romeine 8:38,39

    En dan gaan Dawid vanoggend aan as hy sê: U dek die tafel voor my aangesig, my teenstaanders kyk toe.

    Een van die grootste eienskappe van Jesus was om te dien, Dawid sien die Here vir hom die tafel dek. Hy sê in een vertaling – U behandel my soos ‘n eregas… maar Jesus verander dit, hy maak ons Sy kind… so… U dek die tafel vir my soos vir U kind. Kinders het baie meer voorregte en genot by ‘n tafel want dit is hulle familie en hulle tafel.

    Weet die Here dek die tafel spesiaal vir jou!

    Jesus se gebed in Johannes 17 is ‘n gebed om ons deel van hierdie verhouding en tafel te hê.

    Johannes 17:3 – En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

    Johannes 17;21-24 – Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

    Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

    Vier groot struikelblokke in ons lewens…

    1. Ons lewe met ‘n tekort. Ons altyd opsoek na nog.

    2. Ons lewe met ‘n verwronge beeld van wie ons is.

    3. Ons lewe word meestal beheer deur ons vrese.

    en dan vanoggend…

    4. Ons weet nie ons is uitverkorene kinders van God nie, ons lewe weg van hierdie mees intieme verhouding. Jy is sy kind en geen ding in hierdie wêreld kan hierdie liefde keer nie.

    Besprekingsvrae

    Is die Here jou herder? Loop Hy voor in jou lewe?

    Wat moet jy doen om leisels aan Hom oor te gee?

    Die Here is die enigste een wat weet wat jy nodig het en jou die nodigste rus en vrede gee, en beskerm teen selfs die dood… Wie vertrou jy om jou deur die donker te vat?

    Kruik Oggenddiens 16 Augustus 2020