Vir hierdie jaar se Mandeladag het Laerskool Secunda die Hoëveldrif Dierebeskermingsvereniging (DBV) ondersteun deur honde- en katkos, komberse asook waterbakke en speelgoed in te samel.
LEES OOK: Verkeer of skool, Marietha Cole hanteer albei met gemak
Ouers, leerlinge asook besighede van die gemeenskap het die volgende geskenk:
- 46 komberse
- 98 blikkies hondekos
- 101 sakke hondekos
- 40 sakke katkos
- 53 blikkies katkos
- 18 kosbakkies
- 10 speelgoed
- 15 pakke hondebederfies.
LEES OOK: School closures: Frustration mounts as teachers’ unions await Motshekga’s response
Baie dankie aan die ouers, leerlinge en personeel asook die Eendedam Dierekliniek en Thread Worx vir hulle skenkings en ondersteuning vir Laerskool Secunda se Mandeladagprojek.