Moenie te veel sout in die vulsel gooi nie – die blikkie sampioene is reeds vol geurmiddels.
1 x basiese korsresep
12,5 ml botter
12,5 ml koekmeel
250 ml warm melk
2,5 ml sout
2 eiers
140 g (375 ml) verouderde cheddar, gerasper
1 ui, gekap
1 x 410 g-blikkie geroomde sampioene
peper na smaak
Maak kors aan volgens resep en voer ’n reghoekige losboom-tertpan van 25 x 13 cm daarmee uit.
Verhit oond tot 180 °C.
Maak witsous: Smelt die botter en roer die koekmeel by.
Roer tot mengsel glad is.
Roer die warm melk in en dan die sout.
Kook mengsel tot dit verdik terwyl jy aanhoudend roer. Klits die eiers en voeg dit by.
Voeg dan die res van die bestanddele by en meng deur. Gooi in tertkors.
Bak 20 tot 30 minute.
Laat afkoel en sit voor.