1 groot kweper of 2 kleineres
1 suurlemoen, gehalveer (rasper eers die skil af en behou)
50 g botter met 15 ml olie Plus 50g botter
1 hoender in stukke opgesny of ‘n pak dye en boudjies
1 groot ui fyngekap
60 g amandels (met skil aan, nie vooraf gerooster en gesout nie)
1 kaneelstokkie
15 ml heuning
5 ml elk fyn komyn en gemmer
Peper
7,5 ml borrie
125 ml water
Opdiening: rys of couscous
Metode:
- Skil die kwepers en sny in kwarte. Smeer oral oor met die suurlemoenhelftes om te voorkom dat dit verkleur.
- Stoom die kwepers oor ‘n kastrol lig-kokende water tot vurk-sag (sowat 25 minute). Laat afkoel en sny in dunner skywe.
Verhit die olie en botter in ‘n kasserolbak en braai die hoenderstukke bruin (sowat 5-7 minute). Haal hoenderstukke uit. - Braai die uie goudbruin in dieselfde pot vir sowat 5 minute – roer nou en dan. Voeg die amandels, kaneelstokkie en borrie by en braai liggies vir sowat 4 minute tot die amandels gerooster is. Skep uit en hou eenkant.
- Verhit die orige botter in die kastrol, voeg die heuning by en roer tot die heuning begin karamelliseer, voeg die gestoomde kwepers en borrie by en braai 3-4 minute tot goudbruin. Skep uit.
- Skep nou die hoender en uie terug in die kastrol, voeg water en suurlemoenskil by en kook tot die hoender sag is vir sowat 40 minute.
- Plaas die kwepers terug in die pan en kook vir nog 20 minute. Geur met sout en peper, asook suurlemoensap.
Bedien met rys of koeskoes.