fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Tuesday, August 4, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Kruik Oggenddiens 19 Julie 2020

    Jesus sê; ek soek net dit in jou hand, al is dit verregaande of belaglik, ek kan met dit werk.

    Welkom by Kruik se Oggenddiens, 19 Julie 2020

    LEES OOK: Kruik Oggenddiens 12 Julie 2020

    Ons vra vanoggend die vraag: “Wat is in jou hand?”

    kruik oggenddiens
    Wat is in jou hand? Welkom by Kruik se Oggenddiens, 19 Julie 2020

    Preeknotas en Besprekingsvrae: http://bible.com/events/25417931

    Welkom by Kruik se Oggenddiens, 19 Julie 2020

    Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

    Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere: 1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016 2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

    Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

    Ons sal graag met jou gesels. Geniet die diens! Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “U is ons alles” / R.Burger / © 2006 / Urial Publishing

    “Prys die Heer” / Oase Gemeente / © 2005 / Merchant Music

    “Met my hart” / R.Burger / © 2012 / Urial Publishing

    PREEK NOTAS:

    Wat is in jou hand?

    Ons staan nou op ‘n baie moeilike plek in ons bestaan, waar is jy in alles?Jy is dalk moedeloos, benoud, bedroef of bekommerd.

    Miskien is dit meer as die pandemie, miskien is dit ‘n ander gesondheidstoestand of ‘n werk of verhoudings bekommernis.

    In al hierdie dinge, wat het jy in jou hand, miskien moet jy dit vir die Here gee, miskien voel jy ek het niks oor om te gee nie, miskien is dit juis die plek wat jy jouself vir die Here moet gee.

    Omtrent al Jesus se tekens en wonderwerke het gebeur net nadat daar ‘n situasie of toestand van moedeloosheid, benoudheid of bekommernis was, in sekere gevalle selfs dood.

    Wonder of dit nie so met meestal goed in ons lewens is nie? Dat juis wanneer ons na ons hand kyk en daar niks is wat ons meer kan doen nie, dat God daar wonderwerke doen.

    Een van hierdie stories begin waar Jesus een van sy wonderwerke doen. Hy leer die skare mense in Johannes 6 en dan raak dit laat en hierdie mense moet eet, nie bietjie mense nie, duisende.

    Jesus begin weer met ‘n vraag… is dit nie te toevallig dat Jesus ons nader met vrae nie… Johannes 6:5 (Die Boodskap) – Jesus het na die groot klomp mense gekyk wat saam met Hom gekom het.

    Party was nog besig om teen die berg op te stap na Hom toe. Hy vra toe vir Filippus: “Is daar ’n winkel hier naby waar ons brood kan koop vir al hierdie mense?”Filippus moes seker dink Jesus maak ‘n grap – hier is duidende mense!

    Johannes 6:6 (Die Boodskap) – Hy het dit vir Filippus gevra om te kyk wat Filippus sou sê. Hy het egter al klaar geweet hoe Hy die probleem sou oplos.

    Johannes 6:7 (Die Boodskap) – “Al werk ek agt maande aanmekaar, sal ek nie eens genoeg geld hê om vir al hierdie mense iets te gee om te eet nie,” sê Filippus.

    Wat Filippus eintlik vir Jesus sê is; hierdie is amper onmoontlik, daar is geen kans dat ons dit sal kan doen nie.

    Is dit nie die plek en antwoord wat God van ons soek nie – die plek van; “Daar is niks wat ek meer kan doen nie!” Sodat Hy kan werk soos net Hy kan nie!

    Johannes 6:8,9 (Die Boodskap) – Andreas, die broer van Simon Petrus, wat ook ’n getroue volgeling van Jesus was, sê toe vir Hom; “Wel, hier is darem ’n kind met so ’n ietsie. Hy het vyf klein garsbroodjies en twee vissies. Maar ek moet sê, ek weet nie hoe dit ons eintlik gaan help nie.

    Andreas weet dis ‘n dom voorstel maar hy maak die voorstel, ek kan net dink wat die kommentaar was van die ander. Andreas is nie genoeg nie, hierdie is eintlik belaglik, maar hier is iets…Jesus sê ek kan met iets werk!

    Wat het jy in jou hand?

    Johannes 6:10 (Die Boodskap) – Jesus sê toe: “Sê vir die mense om vir hulle ’n plek te kry om te sit.”

    Daar was gras waar die mense hulle toe lekker tuis gemaak het. Net die mans alleen was omtrent 5 000. Daar was baie mense.

    Johannes 6:11 (Die Boodskap) – Jesus het toe die garsbroodjies by die seuntjie gevat en vir God dankie gesê vir die kos. Hy het die broodjies toe onder die mense begin uitdeel. Hy het dieselfde met die vis gedoen.

    En die mense het geëet, soveel as wat hulle wou.

    2 Vissies en 5 broodjies gee vir duisende mense kos? Ek weet nie van jou nie maar hierdie sou my lewe vir altyd verander het. Dink vir ‘n oomblik aan daardie seuntjie se gesig toe sy vissies en broodjies uitgedeel word vir duisende mense.

    Jesus sê; ek soek net dit in jou hand, al is dit verregaande of belaglik, ek kan met dit werk.

    Johannes 6:12 (Die Boodskap) – Toe die mense genoeg gehad het om te eet, sê Jesus vir sy volgelinge: “Ek sien daar het heelwat kos oorgebly. Gaan maak dit bymekaar sodat niks gemors word nie.”

    Is dit sarkasties? Ek sien daar het kos oorgebly sê Jesus… 8 Maande Filippus? Toemaar ek doen dit in ‘n oomblik.

    Hoe vertrou ek en jy die Here van die onmoontlike?

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Kruik Oggenddiens 19 Julie 2020