Wednesday, December 18, 2024

Kruik Oggenddiens 12 Julie 2020

Bookmark
Bookmarked

Welkom by Kruik se Oggenddiens, 12 Julie 2020

Wat vra die Here jou?

Miskien is hierdie ‘n tyd wat jy opnuut na jou lewe en die Here se stem moet dink. Vandag word die vraag gevra “Wie”?

Wie?

Preeknotas + besprekingsvrae: https://www.bible.com/events/23296670

Dankie dat jy vanoggend saam met ons reis en hierdie diens saam ons beleef, ons gebed is dat die Here opnuut ‘n bewustheid van Sy teenwoordigheid by jou sal los.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens 5 Julie 2020

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels.

Geniet die diens!

Kruik CCLI lisensie nr: #573361

“U is ons alles” / R.Burger / ©2006 / Urial Publishing “U’s my God” / T.Rishworth, R.Burger & R.Nel / ©2008 / Oxynity Music “What A Beautiful Name” / B.Fielding & B.Ligertwood / ©Capitol CMG Publishing

PREEK NOTAS:

Wat vra die Here jou?
Die Here vra vrae… Regdeur die bybel sien ons hoe die Here met vrae mense benader…

Ons het by twee woorde sover in die afgelope twee weke by stil gestaan Eerste week het ons na drie karakters en na drie gebeurtenisse gekyk waar die Here vra; hoekom?
Met die vraag: hoekom hou jy nie aan glo nie, lei die Here Petrus na ‘n groter vertroue.Hy vra vir Paulus, hoekom het jy jou eie agenda en lei Paulus na bekering en ‘n nuwe pad met ‘n nuwe lewe.Kain ignoreer die vraag: Hoekom is jy kwaad en dit eskaleer tot die dood toe en hy self raak ‘n vlugteling vir die res van sy lewe.

Verlede week was dit die woord wat…
Hy vra vir Jakob; Wat is jou naam? Hy lei vir Jakob van seer na seën.Hy vra vir Maria Magdalene: Wat soek jy? Hy lei Maria na meer van hom…Hy vra Elia wat maak jy hier? Hy sê vir Elia moenie wegkruip nie, my werk in en deur jou is nog nie klaar nie. Staan op – amper ontwaak jy wat slaap.
Vanoggend wil ons begin met die woord, Wie…

Die Here vra jou, wie?

Weereens kyk ons vanoggend na drie situasies wat jy mee kan identifiseer of dalk net nuut oor kan dink…

Jesus vra sy dissipels; Wie sê die mense is Ek? (Matteus 16:13)
Wat is die woord op straat, wat is mense se opinies oor my en oor wat ek is? Ek dink Jesus vra hulle dit omdat dit wat mense sê wel ‘n effek het op ons… Dissipels antwoord: Hulle sê… (mense sê??) Is dit nie wat ons ook baie keer antwoord nie?

En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. (Matteus 16:14)
Mense sê verskillende goed. Hier is baie opinies.In ‘n tyd soos hierdie waar aanlyn ‘n baie prominente skakel/voertuig is om kerk, politiek, teoriee enige informasie by ons uit te bring, wie sê hulle is Ek, en watter effek het dit op jou lewe?

Jesus gaan aan met die tweede wie?

Maar julle, wie sê julle is ek? (Matteus 16:15)
Hierdie vraag bepaal ons hele lewe, wie is Jesus vir jou? Is hy Godsdiens, is hy deel van ‘n geloofsbelydenis – stop Jesus by; Ek glo in hom? Duiwels glo ook en hulle sidder…

Petrus antwoord – U is die Xristos! Hierdie is die groot waarheid – op dit sal ek die kerk bou, en geen dood sal dit ooit kan wegneem nie.
Glo jy in Jesus sodat jy kan hemel toe gaan? Is Jesus vir jou ‘n byvoeging van iets wat was? Is Jesus vir jou net ‘n geloofsbelydenis? Of is Jesus jou lewe?Paulus – My lewe is Christus

Twee groot goed wat Jesus ons vra; Wie sê die mense is ek? En… Wie sê jy is ek?

Bring ons by die derde plek waar God vra wie… heel in die begin…Adam -Waar is jy? Adam – Wie het vir jou gesê dat jy naak is? (Genesis 3:11)
Wie jy na luister bepaal wat jy doen? Al weet jy wie ek is… Adam weet wie God is… maar kies om na ‘n ander stem te luister.Wie is die mense wat jy jou ore voor gee? God sê vir Adam hoekom luister jy nie na my nie?

Wie sê die mense is ek en hoekom luister en doen jy wat hulle sê en doen?Elkeen wat na my luister en dit doen
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.(Matteus 7:24)

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.(Matteus 7:26)

Drie vrae; Wie sê die mense is ek?Wie sê jy is ek?Wie praat met jou? Na wie luister jy?
Hoe jy op hierdie vrae in jou lewe reageer kan alles in jou lewe verander, kan jou hele lewenspad verander!
Wat maak jy met dit wat God jou vra?
Want vrae wat God jou vra, is ‘n uitnodiging om met Hom te praat en saam Hom te gaan.