fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, May 30, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Hoërskool Secunda wen sesde Interhoër in ‘n ry!

    Die jaarlikse vriendskaplike Interhoër Atletiekbyeenkoms, het Saterdag, 15 Februarie, by Piet Retief plaasgevind.


    Hoërskool Secunda het vir die sesde jaar in ‘n ry, die Interhoër atletiekbyeenkoms gewen. Beide Hoërskool Secunda se seuns- en dogtersatletiekpan het die beste vir die dag presteer. Hoërskool Standerton se atletiekspan was tweede met Piet Retief in die derde plek. Ander hoërskole wat deelgeneem het was Volksrust, Generaal Hertzog, Hoogenhout, Kanonkop en Pionier.


    Hoërskool Standerton het die trofeë verwerf vir beste aankoms van dirigente, beste dirigentespan en die Geesbeker. Hoërskool Secunda was derde in die stryd vir die Geesbeker.


    Die volgende atlete van Hoërskool Secunda het trofeës ontvang:
    Jessica van den Berg – Beste worpe Junior Dogter
    Siyanda Mkonza – Beste spronge Junior seun en Beste Junior seun naellope atleet


    Nika Thomas – Beste Middel – en langafstand Junior Dogter
    Michelle Parks –  Beste Middel – en langafstand Senior Dogter
    Nkanyiso Mahiteng – Junior Victor Ludorum
    Baie geluk aan elke atleet en afrigter wat die vrug van harde werk gepluk het. Ook ‘n woord van dank en gelukwense aan Hoërskool Piet Retief met puik reëlings en ‘n pragtige atletiekdag.

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Hoërskool Secunda wen sesde Interhoër in ‘n ry!