Johan van den Berg (afrigter) en Nico van den Berg met die medaljes wat Nico die naweek ingeplam het.

Nico van den Berg van Sasol-stoeiklub is as die Suid-Afrikaanse Stoeikampioen gekroon.
Hy het op 7 en 8 Julie aan die Suid-Afrikaanse Junior- en Senior-stoeikampioenskappe in Pretoria deelgeneem en al sy wedstryde gewen.
Hy het Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Griekse-Romeins-afdeling en die Suid-Afrikaanse Senior Vrystyl-afdeling deelgeneem en goud ingepalm in die junior Griekse-Romeins-afdeling en silwer in die senior vrystyl-afdeling.
Hy is nog ’n junior-stoeier en al sy teenstanders in die senior-afdeling is reeds senior-stoeiers.
Die bestuur van Sasol-stoeiklub is trots op Nico en het hom geluk gewens met dié prestasies.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here