Monday, January 20, 2025

Trotse nuwe eienaars van Japsnoet Kleuterskool

Bookmark
Bookmarked

Jessica du Plessis en Carolyn van der Westhuizen (van Big Step Kids opvoedkundige produkte) is die nuwe trotse eienaars van Japsnoet Kleuterskool.

Trotse nuwe eienaars van Japsnoet Kleuterskool
Carolyn van der Westhuizen en Jessica du Plessis

Hulle neem oor van vorige eienaar en stigter, Lena Naude, met nederige harte en baie opgewondenheid vir die toekoms.

LEES OOK: Kristopher Ryan Centre, a special place indeed!

Japsnoet was in 1987 gestig en in 1999 as ‘n privaat dagsorg en nasorg geregistreer. Japsnoet is ‘n voldag voorskoolse speelgroep vir leerders vanaf vier maande tot vyf jaar.

Die kleuterskool spog met klein klasse vir individuele aandag, volg ‘n informele gestruktureerde onderrig program, en bied ‘n veilige leer omgewing met christelike waardes vir leerders.

LEES OOK: Japsnoet Kleuterskool

Japsnoet is al vir 34 jaar deel van die Secunda gemeenskap en is reg om nog 34 en meer jaar na die Secunda se babas en kleuters te kyk.

Jessica en Carolyn sê hulle is reg om 2021 aan te pak met entoesiasme en opwinding en gaan dit ‘n jaar vir die boeke maak.

“Ons is opgewonde om na ons Japsnoetjies om te sien en te help bou aan hulle toekoms. Saam met ons toegewyde en positiewe personeel, onderwysers, assistente, en skoonmaak-span kan ons u en u kind verseker van ‘n blink toekoms,” sê hulle.

Kom loer gerus in by ons Ope-Dag, Woensdag 18 November 2020 en kyk waaroor die dorp gons.

Trotse nuwe eienaars van Japsnoet Kleuterskool
Ope-Dag, Woensdag 18 November 2020

Inskrywings vir 2021 is oop en daar is beperkte spasie. Skakel gerus ons kantoor by 017 634 7036