Sunday, October 6, 2024

Kruinpark Jukskei seuns 1ste is MPU liga wenners

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Kruinpark seuns is die Jukskei Mpumalanga Liga wenners vir 2022!

Laerskool Kruinpark se O/13 A-span seuns is die Mpumalanga skole ligawenners vir die seuns afdeling en het algeheel 2de plek in die O/13 liga geëindig.

Die seuns dring deur na die Noordvaal Kampioenskappe wat die 17de September 2022 in Middelburg plaasvind.

Jukskei seisoen het vroeg in die derde kwartaal afgeskop, met ‘n eerste liga wedstryd wat in Middelburg plaasgevind het die 30ste Julie 2022. 

Daarna was daar weer 13 Augustus 2022 in Morgenzon ‘n liga wedstryd waarna die die 27ste Augustus 2022 die finale liga wedstryd was.

Die seuns het baie hard hierdie kwartaal geoefen en met elke liga hulle alles ingesit om as ligawenners aangewys te word.

Laerskool Kruinpark se sportspanne vaar uitstekend hierdie jaar, met die 1ste Tennisspan seuns wat ook ligawenners van 2022 is, lees meer hier.

Om meer van Laerskool Kruinpark se prestasies te lees, of te sien wat die skool behels, volg gerus die skool se FB BLAD.