Sunday, October 6, 2024

DISTRIK LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE – 2 KRUINPARK ATLETE DRING DEUR

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Kruinpark het 2 landloop atlete wat deurdring na die Distrik Landloopkampioenskappe.

Dit is ‘n besige jaar vir die landloop atlete van Laerskool Kruinpark.  Nie net moet hulle fiks wees en lang asems hê nie, met die landloopkampioenskappe word hulle deursettingsvermoë tot die uiterste getoets.

Die landloop 2022 seisoen het 22 Julie afgeskop met die eerste vriendskaplike wedloop wat by Kallie de Haas plaasgevind het.  Reeds daar het Sipho Mashego en Juné van Wyk, altwee O/11 leerders van Laerskool Kruinpark, gewys dat hulle vasbeslote is om dié seisoen ‘n suksesvolle een te maak.  Juné van Wyk het 1ste plek, en Sipho Mashego 3de plek behaal.

27 Julie het die Laerskool Oranjegloed ‘n wedstryd aangebied en daar het die landloop atlete net so uitstekend presteer.  Daar was ‘n paar atlete wat top 10 plekke behaal het, met Juné van Wyk met ‘n 1ste plek en Sipho Mashego wat ‘n 2de plek behaal het.

Op 29 Julie het Laerskool Goedehoop ook ‘n landloop wedstryd aangebied, waar die landloop atlete goeie prestasies ontvang het.  By die juniors het Lihan Roux ‘n 1ste en Lucan Lessing ‘n 2de plek behaal.  Juné van Wyk het weereens ‘n 1ste plek en Sipho Mashego het ‘n 2de plek behaal.

Tydens die Zone Landloopkampioenskappe wat 17 Augustus by Laerskool Goedehoop plaasgevind het, was daar 8 landloop atlete wat deurgedring het na die Highveld Ridge Landloopkampioenskappe.  Die atlete was Abigail Smit, Milan Zwarts, Jeneska Swanepoel, Emmanuel Mashego, Sipho Mashego, Dyllan van der Merwe, Franco Marais en Juné van Wyk.

Die Highveld Ridge Landloopkampioenskappe het die 25ste Augustus, in Evander, by Hoërskool Evander plaasgevind.  Dit was ‘n tawwe kampioenskap met ongelooflike talentvolle atlete wat van regoor die munisipale distrik deelgeneem het.  Juné van Wyk het 1ste plek en Sipho Mashego het 2de plek tydens die kampioenskappe behaal en dring ook dan na die Distrik Landloopkampioenskappe deur wat die 10de September in Breyten gaan plaasvind.

landloopkampioenskappe
Laerskool Kruinpark Landloop atlete; Juné van Wyk O/11 Dogters en Sipho Mashego O/11 Seuns dring deur na Distrik Landloopkampioenskappe.

Dit is ‘n groot prestasie vir hierdie twee landloop atlete, wat elke weet baie hard oefen en voorberei vir die kampioenskappe.

Junè van Wyk blink ook uit met die ASA Atletiek. Sy het Saterdag die 20ste Augustus, ASA Mpumalanga Kampioenskappe gehardloop waar sy eerste plek gekry het. Sy is opgeneem in die Mpumalanga span wat ASA SA gaan harloop die 17de September in Rustenburg!

Juné van Wyk – ASA Atletiek, verteenwoordig Mpumalanga

Theo Scherman, wat O/8 deelneem, het ook 20ste Augustus aan ASA Mpumalanga Kampioenskappe deelgeneem en is gekies vir die Mpumalanga span wat ASA SA gaan harloop die 17de September in Rustenburg! Dit is voorwaar ‘n groot prestasie vir hierdie twee landloopatlete!

Theo Scherman -ASA Atletiek, verteenwoordig Mpumalanga.

Die leerders van Laerskool Kruinpark blink uit in verskillende sportsoorte, soos die Seuns Tennisspan wat as Ligawenners aangewys is. Lees meer hier.

Volg ook gerus Laerskool Kruinpark op hulle Facebookblad.