Friday, November 15, 2024

Du Plessis gesin blink uit in Bergfiets

Bookmark
Bookmarked

Secunda, Mpumalanga – Die du Plessis-gesin is dinamiet!

SA Nasionale XCO-kampioenskappe 2021 (bergfiets)

Hierdie afgelope naweek het die hele du Plessis-gesin aan die SA’s deelgeneem en omtrent gejaag na glorie!

Brand du Plessis (senior) is gekroon as die SA kampioen in die veterane mans afdeling.

Brand du Plessis Senior

Wilmarie du Plessis (Laerskool Secunda se syfer guru) eindig tweede in die sub-veterane afdeling vir dames.

du plessis
Wilmarie du Plessis

Brand du Plessis (junior) is gekroon as die SA kampioen in die nippers afdeling vir seuns.

Brand du Plessis Junior

Lu-Mari du Plessis eindig derde in die sub-junior afdeling vir dogters.

Plessis
Lu-Mari du Plessis

Die geleentheid het plaasgevind by Cascades in Pietermaritzburg. Hierdie is ‘n gesin van Laerskool Secunda.

Anika Olivier het deelgeneem in die sprog afdeling vir meisies. Sy het ‘n pragtige agtste plek verower.

Anika Olivier

Also read: Laerskool Secunda presteer in dans en stoei