Hoërskool Oosterland Orkes kampioene!

0
5195

Oosterland blink uit by die S.A.S.B.A Nationale Kampioenskappe

Oosterland
Hoërskool Oosterland Orkes

Hoërskool Oosterland het vanjaar se S.A.S.B.A (South African School Band Association) Nasionale Kampioenskappe aangebied wat oor twee dae gestrek het, 7 en 8 Oktober 2022.

Die kompetisie het as volg verloop. Die 7de het die  Ensemble en Marimba  kategorië plaasgevind en die 8ste die Hoërskool Konsert en Ope Konsert afdeling plaasgevind. Daarmee saam het die Vertoon- en Marsorkeste en die Perkussie ook plaasgevind.

Daar was heerlike kos te koop,  perfekte weersomstandighede en die toeskouers was baie opgewonde om die skole se optredes te aanskou.

Hoërskool Oosterland Orkes het een van die moeilikste musiekstukke aangepak:  Lion King, wat mense in trane gehad het. “Die optrede was hoendervleis mooi” sê Me. Susan Botha, Kultuurhoof.

Hoërskool Oosterland Orkes het eerste plek behaal in die Ope Konsert Afdeling, verhoogdissipline en inspeksies. Die Perkussie het ‘n tweede plek behaal.

Conrad Powell, tamboermajoor, het weer skoonskip gemaak met sy eerste plek en dit in die eerste jaar wat hy as tamboermajoor deelgeneem het.

Mnr Marais, die orkesafrigter, bedank elke ouer, personeellid, die hoof en OR-lid wat ‘n bydrae gemaak het tydens die kompetisie. 

Sien ook: https://thebulletin.co.za/schools-sport/oosies-netbal-fast-7/

Besoek Oosies se nuwe Facebook blad HIER

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here
Captcha verification failed!
CAPTCHA user score failed. Please contact us!