Sunday, October 6, 2024

KRUINPARK KEKKELKOUSE BLINK UIT – TOP 10!

Bookmark
Bookmarked

4 Laerskool Kruinpark se redenaars kekkelkouse op pad na ATKV Nasionaal!

Soos wat net Laerskool Kruinpark se kekkelkouse kan, het hulle hierdie jaar hulle pad oop gekekkel na ATKV Nasionaal! Dit het alles begin waar die Kruinpark leerders deelgeneem het aan die ATKV Streeksuitdunne en ‘n volle 13 redenaars deurgedring het na die semi-finale wat 20 Mei 2022 plaasgevind het.

Die leerders wat aan die semi-finale deelgeneem het was as volg: Graad 1-3: Dinelle Pretorius, Dine-Mari Grobler, Elizma van der Westhuizen, Iva Stopforth. Graad 4-5: Aiden Olckers, Heike de Klerk, Milan Zwarts, Busisa Mashego. Graad 6-7: Amelia Shaw, Imke van der Lith, Katelyn Shaw, Michiel van den Berg en Kamo Maile. Hierdie redenaars kekkelkouse het sommer die ore warm gepraat tydens die semi-finale Mpumalanga, wat plaasgevind het by HoĆ«rskool Witbank op ‘n bitter koue dag.

Amelia Shaw, Imke van der Lith, Kamo Maile en Busisa Mashego, is die 4 kekkelkouse wat deurgedring het na die ATKV se Nasionale finale Redenaarskompetisie, wat in Augustus gaan plaasvind.

Kekkelkouse Amelia
Amelia Shaw
Busisa Mashego
Imke van der Lith
Kamo Maile

Heike de Klerk, (vierde plek); Aiden Olckers, (sesde plek); Michiel van den Berg, (tiende plek) en Milan Zwarts, (vierde plek) het almal onder die top 10 geƫindig.

(Foto links na regs: Heike de Klerk, Aiden Olckers, Michiel van den Berg, Milan Zwarts)

Laerskool se redenaars blink elke jaar uit, in 2021 het hulle 34 redenaars gehad wat deurgedring het na die Radikale Redenaars Streeksfinaal.

Hou gerus die skool se FB Blad dop, deur Laerskool Kruinpark te kliek.