Thursday, December 19, 2024

Pa en Seun Survivor, lekker uniek van Laerskool Secunda

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Secunda/National Cars Pa en seun Survivor 2020

Secunda, Mpumalanga –Laerskool Secunda het die afgelope Saterdag, in samewerking met National Cars, hul tweede amptelike pa en seun survivor geleentheid aangebied.

Die weer het gedreig om nie saam te speel nie maar het glad nie ‘n demper op die entusiasme van die Pa’s en seuns geplaas nie. Op die ou einde het die weer glad nie saak gemaak nie.

Die Bulletin het met Paul van den Berg, Verhoudings en Reklamebestuurder van Laerskool Secunda asook met Pastoor Werner Joubert, voormalige Survivor SA deelnemer gesêls oor die geleentheid

Hierdie unieke dag gee aan die pa’s en seuns die geleentheid om as ‘n span saam die survivor-bane aan te durf.

Die bane is spesiaal ontwerp deur Pastoor Werner Joubert, voormalige Survivor SA deelnemer en trotse ambassadeur van hierdie geleentheid.

Hierdie geleentheid was nie net uitdagend nie, maar het ook vir elke pa en seun die geleentheid gegee om kosbare herinneringe te bou.

Lees ook: Laerskool Secunda vat hande met ATKV Kosmosrand-tak

Laerskool Secunda bedank graag die volgende rolspelers: Pastoor Werner Joubert, National Cars, Supa Quick Secunda, Fireplace roadhouse, Sasol vulstasies en TWK Agri asook al die pa’s en seuns van Laerskool Secunda. Kyk uit vir ‘n groter en beter survivor in 2021!

laerskool secunda pa en seun survivor