Sunday, January 19, 2025

Laerskool Secunda se Landsdieners presteer op Provinsiale vlak

Bookmark
Bookmarked

Tydens die afgelope vakansie vanaf 24 tot 27 Junie het 25 van Laerskool Secunda se Gr. 6 en Gr. 7 landsdieners die Provinsiale landsdienskamp bygewoon te Nkambeni Lodge.

Daar was altesaam 288 kinders in Mpumalanga wat die kamp bygewoon het.  Uit hierdie groep is daar 108 landsdieners gekies om die Nasionale kamp te Blyderivier Adventures in Desember by te woon.

Laerskool Secunda is trots om te kan spog met 12 leerders wat verkies is vir hierdie Nasionale landsdienskamp. 

Die leerders wat verkies is vir die kamp:

Kaylin Harrison, Kara McKenzie, Hannah Ritchie, Annika le Roux, Melé Joubert, Louan Hattingh, Corné Olivier, Mika Janse van Rensburg, Katryn Fourie, Annebel Combrink, Anri Binneman en Miané Venter.

Laerskool Secunda is in besonder trots op Corné Olivier wat verkies is as die Onder-Provinsiale leier vir die Nasionale kamp.

Laerskool

Lees ook: Community talk with Solidariteit Helpende Hand