Monday, January 20, 2025

Laerskool Secunda vat hande met ATKV Kosmosrand-tak

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Secunda het besluit om met ATKV Kosmosrand saam te span.

Een van Laerskool Secunda se waardes is omgee en daarom het die skool dit goed gedink om hande te vat met die ATKV om sodoende bewusmaking van prostaatkanker te bevorder. Die fokus is op prostaatkanker gedurende die maand van November. Die skool en die ATKV wil graag die manne aanmoedig om vir hul jaarlikse ondersoeke te gaan. Vroeë opsporing kan jou lewe red!

laerskool secunda hou gholfdag

Die projek skop op 7 November af met Laerskool Secunda se jaarlikse gholfdag by Graceland. Die manne kan ‘n ronde balkie koop teen R20 en dra ter ondersteuning van die projek en vir bewusmaking van prostaatkanker. Laerskool Secunda wil hande neem met hierdie projek, en daarom sal die projek vir die hele November aan die gang wees.

Alle persone (mans en vroue) kan die balkie dra en sodoende hierdie unieke projek ondersteun. Alle gelde wat ingesamel word, word aangewend vir pasiënte wat nie mediese fondse het en nie kan bekostig om die behandeling, of die reis na die behandeling, te betaal nie. Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om asseblief hierdie projek te ondersteun.

Lees ook: Boomplant dag by Laerskool Secunda

Vir verdere navrae en om balkies te koop, skakel asseblief die volgende persone:

Tracey van Wyk (Voorsitter: ATKV)-0741036381

Werdich Smit (Ondervoorsitter: ATKV)-0844079462

Paul van den Berg (Bestuurder: Bemarking, Verhoudings & Reklame: Laerskool Secunda)-0793589035

Lees meer van Laerskool Secunda HIER