Monday, January 20, 2025

Laerskool Kruinpark landsdiens se #spekboomchallenge

Bookmark
Bookmarked

Gister middag, 11 Maart, het Laerskool Kruinpark se senior Landsdiens leerlinge ‘n verrassing ontvang. Hulle het meer geleer oor Spekbome.

Laerskool Kruinpark het laas jaar hulle #spekboomchallenge begin. Die skool het 600 Spekbome verkoop. Juffrou Yolinda, hoof van die Landsdiens, het besluit dat die #spekboomchallenge weer aangepak moet word.

Landsdiens is ’n omgewingsgerigte jeugbeweging. Dit streef daarna om die jeug vaardig te maak in die hantering en bewaring van die omgewing in sy totaliteit. Om dié doel te bereik word van opvoedkundige omgewingsgerigte aktiwiteite en tegnieke gebruik gemaak.

By gister se landsdiensbyeenkoms het Ina Klopper, van Garden Terrace Kwekery, kom praat met die kinders oor die voordele van die Spekboom.

Sy het begin deur die kinders te vertel van die wonderplant se voordele. Die kinders se hande het opgeskiet en hulle kon self dié tannie vertel hoekom die spekboom ‘n wonderplant is. “Tannie die Spekboom haal die koolstof uit die lug uit sodat ons skoon suurstof kan in asem,” het een seun geantwoord.

Tannie Ina het verder die verskillende name van die Spekboom genoem vir die kinders en ook watter voordele die plant inhou vir diere in die natuur. Die kinders het aandagtig geluister en relevante vrae gevra.

Die dag was volmaak met nog ‘n verrassing… Oom Douw, van die GMM Brandweer en sy span het kom kuier!

Die kinders het aan oom Douw se lippe gehang toe hy verduidelik hoekom die brandweer kom kuier het by hulle. Die kuier van die brandweer was ook met ‘n doel beplan. Die Gr 7 leerders het sopas geleer oor die Kake van die Lewe (Jaws of life) in Tegnologie.

“Hallo maats! Vandag gaan ons julle wys en meer leer oor die Jaws of Life, Kake van die Lewe in Afrikaans. Die Jaws of Life bestaan uit ‘n hidroliese pomp met ‘n kabel en dan ons toerusting stukke wat ons gebruik. Wanneer ons by ‘n ongelukstoneel kom en daar sit mense vas, haal ons die pomp van die voertuig af, konnekteer die kabel en ons konnekteer die “jaws” sodat ons die mense kan uit sny uit die voertuig uit,” het oom Douw verduidelik.

Die kinders was gewys hoe die Kake van die Lewe werk op ‘n ou motor deur. Die ooooooeeeeee’s en aaaaa’s het deur die pawiljoen ge-eggo.

Die kinders het ook ‘n kans gehad om al die veiligheidskleding van ‘n brandweerman/vrou aan te pas en om te voel hoe ‘n regte brandslang water spuit!

Die dag was geniet deur almal en baie dankie aan die Laerskool Kruinpark Landsdiens onderwysers wat die dag moontlik gemaak het.

Daar was 550 Spekbome onder die hele Landsdiensgroep van Laerskool Kruinpark uitgedeel. Die doel van dié #spekboomchallenge is die graad groep wat meer as 100 Spekbome verkoop kry ‘n dag by Aqua Zone geborg deur Mnr Johan Rosslee.

Daar is ‘n Laerskool Kruinpark Landsdiens boek by Garden Terrace om boek te kan hou van die #spekboomchallenge. Gaan maak gerus ‘n draai, koop jou Spekboom vir R20 en merk die graad groep af vir wie jy ondersteun!

Juffrou Nicole en Franzelle Nortje met hulle Spekbome