Leerlinge van Laerskool Goedehoop het aan Radikale Redenaars deelgeneem.
Die volgende redenaars het aan Radikale Redenaars tydens die inperking deelgeneem en dring deur na die Radikale Redenaars Nasionale Finaal.
LEES OOK: Laerskool Goedehoop, Wat maak ons anders?
LEES OOK: Laerskool Goedehoop studente skitter in atletiek en dans
Die Radikale Redenaar is die breinbaba van Chantelle de Wet, ’n gepubliseerde skrywer en ’n bekende naam in die kring van redenaars. As onderwyseres het sy al hoe meer die nood gesien vir die ontwikkeling van sprekersvaardighede onder leerders en alhoewel daar reeds redenaarskompetisies was, het slegs enkele kinders die geleentheid gekry om hierby betrokke te raak. Aangesien Chantelle geweet het hoeveel tyd en moeite in ’n toespraak ingaan, het sy besluit om ’n redenaarsfees op die been te bring, al was dit slegs om leerders die geleentheid te gee om te kan praat.
Besoek die Radikale Redenaars se webblad hier
Die Radikale Redenaarsfees (RRF) is vir die eerste keer in 2007 aangebied in Pretoria. In 2008 het die RRF uitgebrei na 4 provinsies en in 2009 is dit vir die eerste keer op Nasionale vlak aangebied. Tans is daar deelname in al 9 provinsies. Nuwe kategorieë het ontstaan op aanvraag en die Radikale Leesfees het ook bygedra tot meer leerderdeelname. In 2016 het Chantelle die leisels oorgegee aan Linda Henning en so groei die RRF van krag tot krag