Sunday, October 6, 2024

Kruinpark Trompoppies provinsiale wenners 2022

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Kruinpark se Trompoppies is provinsiale wenners!

Laerskool Kruinpark se Trompoppies het hierdie jaar vir die eerste keer ingeskryf om deel te neem aan SAMCA Liga.  SAMCA staan vir “The South African Majorette and Cheerleading Association”

Die skool het Trompoppies as ‘n kultuur aktiwiteit al vir 5 jaar.  Dit verg baie dissipline, tyd en toewyding.  By Laerskool Kruinpark kan graad 1 tot graad 7 meisies deel word van die Trompoppiespan.

Die kinders begin vroeg in die jaar om te oefen, en begin die kompetisies reeds in die tweede kwartaal.  Omdat die kompetisie so streng is en baie hoë standaarde verwag word, oefen die meisies elke week getrou, selfs vakansies word opgeoffer.

Hierdie jaar spog Laerskool Kruinpark se Trompoppiespan ook met ‘n splinternuwe, enig in sy soort, kleurvolle kleredrag, wat die meisies net nog meer laat skitter!

Laerskool Kruinpark Trompoppies tydens 23 Julie 2022 se kompetisie. (Foto deur Trompoppie ouer geneem)

Met Hoërskool Oosterland se 2022 Wieleskou, het die meisies die geleentheid gekry om in hulle splinternuwe klere te kon optree.  Tydens Laerskool Kruinpark se Opedag, kon voornemende Kruinparkers ook sien presies wat hierdie unieke kultuur aktiwiteit behels.

Gedurende 2022, het die span reeds aan 2 vorige kompetisies deelgeneem.  Die eerste kompetisie het plaasgevind op Laerskool Kruinpark se gronde op die 23ste Julie 2022.  Tydens hierdie kompetisie het hulle 2de plek ontvang. 

6 Augustus 2022 het die span aan hulle tweede kompetisie deelgeneem wat in Middelburg plaasgevind het en daar het die meisies 1ste plek gekry!

Laerskool Kruinpark Trompoppies tydens 6 Augustus se kompetisie waar hulle 1ste plek ontvang het. (Foto deur Trompoppie ouer geneem)

Saterdag, 27 Augustus 2022 het die span aan die Provinsiale kompetisie deelgeneem en het hulle 1ste plek gekry.  Die kompetisie het in Middelburg plaasgevind en Hoërskool Middelburg het as gasheer opgetree.  Dit is die eerste van vele vir Laerskool Kruinpark se Trompoppies!

Laerskool Kruinpark se Trompoppie span tydens die Provinsiale Kompetisie wat 27 Augustus 2022 plaasgevind het in Middelburg. Afrigters is: 1ste ry links na regs: Duné Kruger (Organiseerder en hoof afrigter), Bianca Botes. 2de ry links na regs: Melanie Greeff, Charnél van der Walt. 3de ry regs: Wilmarie Greyventstein. 4de ry links na regs: Ninette Booysen, Alecia van Blerk. (Foto deur Trompoppie ouer geneem)

Hierdie is nie die enigste prestasie vir Laerskool Kruinpark se leerders nie, die skool het ook 4 skaakspanne wat die naweek, 3 September 2022 deelneem aan die Mpumalanga uitspele in Nelspruit. Lees meer hier.

Vir meer nuus oor Laerskool Kruinpark se aktiwiteite, volg hulle Facebookblad hier.