Sunday, January 19, 2025

2 Hoogies samel groot bedrag in vir Bethal DBV

Bookmark
Bookmarked

Twee Hoogenhout leerlinge het ‘n groot bedrag geld ingesamel vir die Bethal DBV.

Die Bulletin het op 17 Julie berig van twee Hoogies, Christiaan Menge en CarinLize Muller, wat besluit het om uit te reik na die Bethal DBV as deel van hulle Mnr en Mej Hoogie inskrywings.

Deel van hulle inskrywing was dat hulle ‘n welsyns organisasie moes kies en hulle ondersteun.

Hulle het Bethal DBV gekies. Daar was gou rondgeskarrel met planne en hulle het ‘n bottel vol honde koekies gemaak en die mense moes raai hoeveel daar in was.

Die Bulletin het ook geraai maar was baie vêr van die getal af.

Hier is die eerste onderhoud met Christiaan Menge en CarinLize Muller:

1ste Onderhoud met Christiaan Menge en CarinLize Muller

Die twee Hoogies het ingespring en die strate ingevaar en ‘n paar weke later het hulle die verstommende bedrag van R17000 aan die Bethal DBV oorbetaal.

Die Bulletin het aan hulle gevra wat hulle wenresep was. “Dit was net harde werk,” het hulle geantwoord.

Hier is hulle onderhoud tydens die serimoniële oorhandiging aan Rina Naude, Voorstitter van Bethal DBV.

Carinlize en Christiaan oorhandig die bydrae wat hulle ingesamel het aan Rina Naude, Voorsitter van Bethal DBV

Bethal DBV gaan gebukkend onder groot finasiële druk en hierdie bydrae gaan groot verligting bring.

“Ek dink nie dat die twee, Christiaan Menge en CarinLize Muller, besef hoe groot hulle bydrae werklik is nie,” het Rina gesê.

Lees ook: ANIMALS 101 – RECOGNIZING CRUELTY