Home Blog Page 219

Hoërskool Secunda sport prestasies

0

Die volgende atlete van Hoërskool Secunda het tydens die MP – Atletiekbyeenkoms wat Saterdag, 7 Maart plaasgevind het, na die SA- Kampioenskappe deurgedring wat op 18 – 21 Maart in Boksburg sal plaasvind. Hulle sal vergesel word deur Mnr. George Matfield en Mev. Christelle Matfield. Die skool is baie trots op hulle en hul afrigters.

Agter vlnr: Tyron Moolman, Tiaan de la Rey, Siyanda Mkonza, Me. Christelle Matfield, Mnr. George Matfield
Voor vlnr: Sunè Stander, Nicole Lindeque, Liane Parks, Sharona Klein,  Oratile Molaba,  Jessica van den Berg, Michelle Parks

Hoërskool Secunda se gholfspelers het Vrydag, 6 Maart op Walker Park in Evander teen die ander vyf skole in die Liga deelgeneem.

Die gholfliga bestaan uit HS Oosterland, HS Secunda, Evander, Balfour en Kriel.

Die 1ste span het gewen. Die tweede spanne van Hoërskool Secunda en Hoërskool Oosterland was gelyk. 

Hoërskool Secunda het teen Hoërskool Linden wintersport gespeel. Hier is van die hoogte punte!

Fotograaf: Liesl Pretorius 

So is die Lewe: Nationale Gesondheidsversekering

Nasionale gesondheidsversekering is een van die vele gonswoorde in Suid Afrika tans. Die een politikus na die ander skets vir ons ‘n idilliese prentjie; hoe alle mense in Suid Afrika toegang gaan kry tot die beste mediese dienste, topfasiliteite en vinnige aandag in noodgevalle. Dit sal, volgens die welluidende oratore en imbongi’s, gelykstaande wees aan die huidige privaat mediese dienste wat betref standaard en kwaliteit. “Wonderlik!”, dink jy. Veral as jy een van die gepeupel is sonder ‘n mediese fonds.

‘n Tousitter een keer per maand wat in die dorpskliniek opvang met jou medegepeupel, die randfigure van die ekonomiese hartklop van die Reënboognasie, vir ure lank ‘n wagter op die mure, smagtend dors na jou plestiek vol pille, as die Bybel in die ou vertaling verketter mag word. Julle ken mekaar al so goed, jy en jou medereisigers op die breë staatsweg van mediese versorging, dat jy alles weet van Patriescha se aambeie, Jennifer-Louise se kind se koliek, Nebukadneser se spastiese kolon, Precious se ingroeitoonnael en haar swak blaas.

Een keer per maand dateer julle mekaar op met die nuutste brokkies inligting, soos wat dit stadig maar seker beskikbaar raak. Hulle weet op hulle beurt alles van jou hart en ondersteunende lewensapparate se stellings en kwellings, al het jou klinieklêer weggeraak waarin al jou mediese verslae en uitslae van die afgelope kwarteeu se duur toetse was.

Jy ken egter die goeie lewe, die versuikerde pad van die mediesefondspelgrim, jy het ‘n objektiewe maatstaf: jy was al in hospitale in Trichardt, Kimberley en Pretoria wat uiters effektief was, hospitale waar jy van ‘n spyskaart af geregte bestel, en selfs wyn saam met aandete kan geniet, waar die beste dokters met jou gesprek voer oor jou diagnose en alles moontlik doen om die probleem op te los.

Dan gebeur dit. Die inleiding tot Dickens se Tale of two cities word die narratief van jou mediese belewenis. Jy beland met ‘n noodgeval in die staatshospitaal. It was the best of times, it was the worst of times, skryf Dickens. Onverwags, ongevraagd. As jy laatnag daar ingesleep word, staar ‘n peleton deurwagte jou agterdogtig aan. “He is drunk.” Die ontvangsklerk kyk gesteurd op van haar Whatsappboodskappe, en mompel iets onhoorbaars. Jy mompel terug: “Code Red”. Dis die towerwoorde tot summiere aandag. Jy word beduie om na ongevalle te gaan, maar jou huismense mag jou nie neem nie.

Die wêreld is vol bose skurke, en hulle mag lidmate wees daarvan. Daar is ook nie ‘n portier beskikbaar nie. Wie werk nou daardie tyd van die nag? Jy loop soos ‘n slaapwandelaar, sleepvoet, leunend teen die mure, en drapeer jouself oor die toonbank van die ongevalleafdeling. Soos ‘n stuk nat babadoek hang jy daar. Natgesweet, oud en der dagen zat soos oorle Job. Maar niemand steur hulle aan jou nie. As jy later op ‘n stoel neersak, kom ‘n persoon nader wat vra: “kan ek help, meneer?” Jy beduie, hygend en natgesweet, na jou bors. “Kom lê maar hier”, beduie sy na ‘n nou, ongemaklike bed met ‘n klipharde matras wat maklik drie sentimeter dik is. “We will be with you soon.” Jy kyk rondom jou, en besef met ‘n hart vol dankbaarheid dat dit doodstil is vanaand, (no pun intended), geen ander pasiënte nie.

Alhoewel die helder neonligte bokant jou kop uiters steurend is, wag jy soos Kruisie die blymoedige Christen dat iemand jou sal kom red uit die verlammende pyn wat jou verwurg, jou bors vasklamp. Maar meer as ‘n uur verloop, en jy begin vrees dat jy in The hollow man verander het, en niemand jou sien nie. Maar na bykans ‘n uur word jou grootste verwagtings oortref, en iemand kom vra wat jou probleem is. Jou bloeddruk word geneem, jou bloedsuiker word getoets, en wonderlik!, jy kry suurstof. Dan wag jy weer. En jy wag.

Uiteindelik kom die dokter, maar sy Engels is net so swak soos joune, en al wat jy uitkry op sy vraag: “you ill?”, is “uhù”. Hy luister na jou longe, kyk diep in jou oë, klop op jou maag, en verdwyn. En jy, jy wag. Lank na middernag begin iemand Amazing Grace neurie. Vers een sing jy in jou kop saam. “U sien ver, oneindig ver.” Tot hier in ongevalle, is jou ongeformuleerde gebed. As sy die derde keer dit neurie, hou jy op saamsing.

Teen die tiende keer begin jy dink aan die toneel uit Amadeus waar Antonio Salieri sanglesse aan ‘n sopraan gee. Jy dinksing luidrugtig in jou kop die arpeggios divergerend saam: “a ha ha ha ha ha haaaa.” Noot vir noot. Die oomblik as jy ophou arpeggionaal dink, spring Amazing Grace terug in jou kop. Jy is dors, want jy is sopnat. Maar niemand is sigbaar of hoorbaar vir wie jy kan roep nie. Jy dink aan Genis in Kooperasiestories wat gedehidreerd terugkom van die wynproe af, en flou smeek: “Water, water”.

Die toneel is nie meer vir jou snaaks nie. Diep in die nanag herverskyn die dokter. Hy wys ‘n papier met jou bloeduitslae. “Big problem,” sê hy. “You stay. But no bed in ward. You sleep here.” Dit tref jou dat die woord “sleep” vreemd op die oor val. Jy vrek van pyn, maar die Panado-kas is gesluit, en die outoriteit om dit oop te sluit, is gedelegeer aan ‘n onbekende persoon. Jy gaan deur al die fases van die rouproses. Jy sien jou oorlede pa langs die bed staan, in meer helder oomblikke probeer jy jou aandag aflei deur te dink aan die katarsiswending in die latere letterkunde van Van Wyk Louw.

Gesondheidsversekering? “Die hemel help ons”, het Koos Prinsloo geskryf.

Aden does it again!

0

In 2018 May Aden won a brand New BIAC car and 20 months later he grabbed his second BIAC car to the value off R180 000. BIAC and JOY have hosted 13 car competitions in the past 20 months.

This was the 2nd car competition for 2020. JOY will be hosting 10 car competitions in 2020.

Aden Joseph, a member of Panda Cue Sport, will depart on Friday, 13 March, to participate in the Predator World 10-Championships in Las Vegas.

Good luck Aden! Bring the title home!

Laerskool Secunda se Melizè Smit dans graag

Laerskool Secunda het op Saterdag, 7 Maart die eerste danskompetisie van die seisoen in hul skoolsaal aangebied.

Melizè Smit (0/7) tydens haar dansitem.

Laerskool Goedehoop kultuur presteer

Ons is so trots op ons redenaars wat tydens Redenaars Super 12 wat Vrydag, 6 Maart en Saterdag, 7 Maart uitstekend gevaar het by Laerskool Constantiapark in Pretoria.  Karli van Schalkwyk presteer besonder goed en behaal ‘n 4de plek tydens die Gr. 6-7 finaal.  Algeheel eindig Goedehoop 8ste uit 23 skole.

Voor: Lienke van Schalkwyk (Gr. 1-3 Finaal), Me Carlia Hobkirk, Elanie Breed (Gr. 1-3 Finaal), Amy-Leigh van der Merwe
Agter: An-Eunè van Niekerk, Karli van Schalkwyk (Gr. 6-7 4de plek Finaal), Juandri Fourie (Span Finaal), Calene Grobler (Span Finaal), Divan Kleynhans (Span Finaal), Cayla Rossouw (Span Finaal), Wilmie Lyons (Gr. 4-5 Finaal)

Saterdag, 7 Maart het L/S Goedehoop dansers aan hul eerste liga deelgeneem.

Voor: Melandie Faber (o/7-Dogters – 4de)
Middel: Waldt van Niekerk (o/7-Seuns – 1ste), Nicole Potgieter (o/9-Dogters – 4de), Monique Luddick (o/13-Dogters L1 – 2de), Priscilla Pretorius (o/13-Dogters L2 – 3de), Issabell Luddick (o/13-Dogters L1 – 3de), Sasa Mokheseng (o/7-Dogters – 2de), Philip Cloete (o/7-Seuns – 2de)
Agter: Genevieve van den Berg (o/9-Dogters – 6de), Andrè Kleynhans (o/9-Seuns – 1ste), Ewald Greyling (o/11-Seun – 3de), Gerhard Breytenbach (o/13-Seuns – 1ste), Altus Liebenberg (o/13-Seuns – 3de), Lumé Viljoen (o/11-Dogters – 2de), Henco van Zyl (o/7-Seuns – 3de), Derick Blignaut (o/9-Seuns – 5de)
Afwesig: Corné Olivier (o/11-Seun – 1ste)

Laerskool Krielpark students’ outstanding performances in archery

Congratulations to the following Archer’s who did exceptional in the Archery competition held at Hoogenhout on Saturday.

Jandro Venter 2nd Place Junior Boys Hoogenhout Competition.
Jacque Fourie 3rd Place in the Hoogenhout Competition (BAG)
Jayden Harmsen 2nd in the Hoogenhout Competition (BAG)
Leratho 3rd in the LAA Competition (BAG) and Eugene Maré 1st in the Hoogenhout Competition (BAG), 2nd 🥈in the LAA Competition (BAG)
Yozani Postma 3rd junior Girls in the LAA Competition.

Die boogskiet groei met n spoed by Laerskool krielpark, waarop ons baie trots is. Ons will graag die nuwe skuts van 2020 verwelkom.

Van hulle het 2019 om gewens sodat hulle oud genoeg kan wees om deel van die span te kan wees en dan het ons ook 3 nuwe skuts wat by ons aangesluit het. 

Die nuwe lede van die Laerskool Krielpark boogskietspan

GMM faces water shortages due to non-payment

Residents to suffer yet again with water restrictions looming

Residents will once again carry the brunt of Govan Mbeki Municipality’s (GMM) inability to bring their spiralling debtors under control.

National Media Houses have reported on Rand Water’s intended restrictions. GMM is currently being restricted with a 40% reduction on water flow. This restriction has already affected several households throughout GMM. Higher lying areas bearing most of the restrictions. 

Rand Water spokesperson, Justice Mohale said that Rand Water has formally notified three of its municipal customers of its intention to reduce water pressure. This does not mean that the water pressure has been reduced by 60% yet.

The Govan Mbeki Municipality had an overdue amount owed to Rand Water of R47 million as arranged with the municipality. The municipality had been informed that its failure to pay the amount due would compel Rand Water to further reduce the flow of water supply by 20 percent on Monday. This was in addition to the 40 percent water reduction currently being implemented. The total amount owed to Rand Water by the municipality was R245,890,637 according to IOL.

The GMM council took note of a standing item on their agenda regarding Rand Water for the month of January 2020 a total amount of R59 444 514 was paid towards the municipality’s Rand Water Account and that a total amount of R218 432 429.44 remains outstanding.

This is different from the Rand Water statement, but this can be contributed to different dates of reporting.

The Bulletin visited the Rand Water website to verify some facts. The Rand Water website stated the following: “Municipal customers account for 95% of total demand, with direct supply to mines making up most of the balance.”

Rand Water’s Customers:

Metropolitan Municipal Councils:

  • City of Joburg,
  • City of Ekurhuleni,
  • City of Tshwane.

13 Municipalities:

  • Emfuleni,
  • Govan Mbeki,
  • Lesedi, Madibeng,
  • Merafong,
  • Metsimaholo, 
  • Midvaal, 
  • Mogale City,
  • Ngwathe, 
  • Randwest, 
  • Rustenburg, 
  • Thembisile Hani, 
  • Victor Khanye,
  • Royal Bafokeng Administration.

40 Mines and 926 industries and direct customers.

GMM logo

“The defaulting municipalities are aware that the offices of the Minister for Human Settlements, Water and Sanitation, the respective provincial MECs for Cooperative Governance and Traditional Affairs, as well the National Treasury, have been informed of the intended implementation of the credit-control measures,” Mohale said.

GMM has tabled several Turn Around strategies but has now shifted the blame to the non-functionality of the previous financial system. 

GMM is also not adhering to current legislation as written in the Municipal Finance Management Act, Act 56 of 2003. This act, under section 65(e), states that all money owing by the municipality be paid within 30 days of receiving the relevant invoice or statement unless prescribed otherwise for certain categories of expenditure.

Previous non-payments of bulk services that affected residents resulted in large scale violence in which the Emba Mall suffered huge losses due to the partial burning of the mall by angry residents. 

Let us hope this issue will be resolved soon and GMM can meet their obligations.

Lizani Visser, Top Model – Body of the year.

Young, tall, energetic and definitely beautiful are some of the words to describe Lizani Visser, Top Model Body of the year winner 2020. This beautiful young mother contributes her success to hard work and determination.

Top Model – Body of the Year!

Lizani spoke to The Bulletin about her path to winning the coveted title of Top Model, Body of the year.

Lizani posted some of her photographs on Facebook. She was very sceptical when she received a phone call from someone claiming to be a scout for the Top Model competition. “There are a lot of people out there that will try and mislead you,” said Lizani “I have received some funny requests from people claiming to be scouts!”

The moment of truth!

She did the right thing and researched the so-called scout. Lizani found the scouts name on the Top Model website and wrote to them confirming the scout’s participation. Only then was she satisfied that this was really a scout for Top Model.

She entered the competition as a wild card in the beginning of this year, even though the competition already started in 2019. The road was not plain sailing though, there were workshops to attend in Pretoria. “I am very lucky to have a husband that fully supported my journey,” Lizani said to The Bulletin. “He would stand in with my duties as a mother when I couldn’t.” They have a lovely daughter of four years.

The entrants had to assemble in Pretoria at Menlyn Maine, Time Square Sun Arena, a few days before the competition. This was the most gruelling part. The whole show had to be rehearsed and memorised in about two days.

The Big day finally arrived. It started early on Thursday morning (27 February) with makeup and hair to be done. “The day went past so quickly.”

“I was very nervous when the show actually started,” said Lizani. “We couldn’t make any mistakes!”

When the winner for the category “Body of the Year” was called, Lizani couldn’t believe her ears. She believed that was a mistake at first but then reality sunk in.

She was the “Top Model, Body of the Year,” winner. There were no runners up, only a winner and that was our very own, Lizani Visser.

The Bulletin would also like to express our congratulations to Lizani. The Year of Reign will now start and it is unfamiliar territory for Lizani but she is confident that she will be able to cope.

Lizani’s advice to young girls? “Believe in yourself, accept your flaws and live healthily.”

Advice on Facebook? “Remember that your Facebook will paint a picture for scouts. It is also a reflection of your life to other people.”

But most of all: Go for it!