Sunday, October 6, 2024

Vroue Landbou Unie Mpumalanga se 28e Kongres.

Bookmark
Bookmarked

Vroue van regoor Mpumalanga het die 28ste Kongres bygewoon

Die jaarlikse Vroue Landbou Unie Mpumalanga kongres is by Lake Umuzi gehou.

Vlu Mpumalanga het ontstaan na die ontbondeling van die ou Transvaalse Vroue Landbou Unie in 2001/2002. Die doelwit was om die landswye organisasie kleiner te maak vir beter bestuur. Vlu Mpumalanga het tans 778 lede. Daar is 47 takke wat strek vanaf Lebombo Vallei, Witrivier tot by Delmas.

”Ons het sopas ons 28ste kongres gehou te Lake Umuzi,” het Alna Kapp, nuutverkose presidents van die VLU in Mpumalanga gesê.

“Daar was onder andere ‘n uitstalling van ons lede se pragtige handewerk. Die standaard van die artikels is baie hoog. Ons kies elke jaar ‘n paar studierigtings om die jaar se artikels uit te kies. Dit behels oa afdelings soos brei-, hekelwerk, skilderkuns, skryfkuns, handvlyt, gebak en preservering,” Het Alna gesê.

Die VLU beywer hulle om tradisionele handvaardighede te beoefen en na die nuwe geslag oor te dra, maar spits hulle ook toe om moderne tendense te ondersoek en aan te leer.

Elke jaar word bekende of minder bekende skrywers, sangers of kunstenaars gekies waaroor hulle dan meer te wete kom. Vir 2024 sal die kollig val op twee van hulle eie persoonlikhede. Marcia Keen is ‘n sangeres en Lizelle von Wielligh ‘n skrywer wat vir Lapa Uitgewers skryf.

Die vroue van die VLU kyk ook na die bome van die jaar en kies ‘n produk wat hul tot streekvlak insluit. In 2024 gaan hulle kyk wat hulle alles met Patats kan doen

Die VLU is ook voortdurend besig om aktuele sake te ondersoek en deur middel van beskrywingspunte te dryf tot op SAVLU-vlak. Die kwessie van swak sanitasie in landelike nedersettings en dorpe is tans een van die beskrywingspunte waaraan SAVLU aandag gee.

Op tak- en streekvlak word demonstrasies en werksklasse aangebied waar lede dan meer leer oor die jaar se gekose artikels. Hulle skryf dan in vir die kompetisie van hulle belangstelling.

Besigtig fotos HIER: Foto krediete aan Louisa Hall

Die artikels word beoordeel deur VLU beoordelaars wat opgelei word deur SAVLU. Hulle skryf ‘n formele eksamen en lê ook prakties af in die afdelings waarin hulle wil kwalifiseer.

Lede skryf eers op takvlak in vir ‘n kompetisie. Die beste 5 artikels kan dan meeding op streekvlak waarna die beste 5 inskrywings op provinsiale vlak beoordeel word. Elke derde jaar is daar ‘n SAVLU-kongres. Dan beweeg die artikels na ‘n SAVLU beoordeling en word die beste vyf artikels uitgestal op die SAVLU-kongres.

Dat die Suid-Afrikaanse VLU-dames se standaard baie hoog is, was duidelik toe Vlu Mpumalanga in Meimaand 167 artikels ingeskryf het vir die WBPV (Wêreldbond Van Plattelandse Vroue) ACWW (Assosiated Country Women of the World) konferensie in Maleisië.

” Ons het met altesame 16 pryse weggestap,” sê Alna trots.

SAVLU is geaffilieer met die WBPV wat inspraak het by die Verenigde Nasies. ‘n Platvorm wat vir hulle as vroue tot groot voordeel strek.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid wat ek het om na 33 jaar ook dit wat ek oor die jare geleer het terug te ploeg in die organisasie,” sê Alna, “Ons behoort aan ‘n wonderlike opheffende organisasie. VLU-vroue is dikwels ook die ruggraat wat gemeenskappe aanmekaar hou.”

Lede moet 16 jaar oud wees om aan te sluit. Hulle doen tans baie moeite om hulle organisasie se werksaamhede op sosiale en ander media bekend te stel. Dit wat die VLU aanbied was, is en sal altyd relevant bly. “Dis in ons gene om versorgende moeders en tuisteskeppers te wees,” Sê Alna

DOEL VAN DIE VLU

Om die vrou se kennis te verbreed;

Om haar eie talente te ontdek en dit te ontwikkel;

Om aan haarself hoë eise en standaarde te stel

En net met die allerbeste tevrede te wees;

Om haar uitkyk op die lewe te verruim;

Om van haar ‘n beter vrou en moeder te maak;

Om haar mensekennis te verbreed;

Om te volhard tot sy wen,

maar om ook ‘n tevrede verloorder te wees;

Om haar gevoel van eie waarde te bevestig en

laaste, maar nie die minste nie,

Om haar sorge te vergeet

en aangenaam en gesellig te ontspan met mede-lede.

VISIE VAN DIE VLU

Die VLU is ‘n opvoedkundige organisasie waarin vroue met dieselfde waardes

geleenthede tot verruiming gebied word sodat hulle ‘n bydrae kan lewer en ‘n

daadwerklike aandeel kan hê aan die ontwikkeling van ons land.

MISSIE

Om deur middel van hoë kwaliteit programme kennis en vaardighede tot voordeel

van die totale gemeenskap oor te dra.

Om lede as tuisteskeppers en meelewende landsburgers toe te rus

Kongres is die jaarlikse byeenkoms van al die takke uit Mpumalanga provinsie.

“Dit is amper soos konferensie, maar net op steroids,” skryf VLU Lebombovallei op hulle Facebook blad.

Lees ook: ANIMALS 101 – ANOTHER REASON WHY YOU SHOULD REPORT ANIMAL CRUELTY & ABUSE

Die Hoëveldstreek bestaan uit verskeie takke. Hier volg ‘n kort geskiedenis van die takke naby ons soos in die 25ste verjaarsdagboek vervat :

Bethal Tak

Die Bethaltak is in Oktober 1928 gestig. Wyle Mev. O’Connor, destydse presidente van TVLU, bygestaan deur wvle Mev. Deans, hoofbestuurslid en voorsitter van Sukkelaartak, het die

stigtingsvergadering waargeneem. Mev. O’Connor het per trein vanaf Pretoria gereis en het vyfuur die oggend do Bethal aangekom. Die tak is met 12 lede gestig. met Mev. Vosloo, destydse landdrosvrou, as voorsitter. Die ledegeld was twee sjielings per jaar. aia tak het vining gegroei en teen 1938 was daar al 120 lede onder die bekwame leiding van Mev. Pattie Joubert, wat van 1938 tot 1953 die tak se voorsitter was.

Mev. Joubert het ook van 1947 tot 1970 op die hoofbestuur gedien.

Van 1933 tot 1951 het Bethaltak gereeld aan die Randse Paasskou deelgeneem. Daardie jare het die TVLU nog takuitstallings op die skou gehou. Bethaltak het drie bekers gewen.

Die tak was altyd baie bedrywig en vanaf die eerste jare het die lede konserte gereël, danse gehou en spyseniering waargeneem om fondse in samel. Dit was ryk tak.

Bethaltak het vir 18 jaar ‘n kind op die Trans-Oranjeskool vir Dowes onderhou.

Die tak het vir byna 20 jaar voorgevat met die Aartappelfees en het bykans alles aangaande die fees gereël. Daar was kronings- en gala- aande waarvoor reggestaan is met spyseniering en die dames het baie keer tot twee-uur die oggend gestaan en skottelgoed was.

Devon Tak

Mev. O’Connor het op 13 Junie 1932 die stigting van Devontak waargeneem in die mieliestoor van die enigste winkel op Devon, nadat Mev, Hester Meyer dit versoek het. Die stigterslede was mevroue Penning, Moodie, Curlewes, Walker, Hester Meyer (sekretaresse), Cotie Basson en Lulu Gouws (voorsitter)

Mev. Lulu Gouws se dogter, Jeanne-Louise Swart is nog steeds lid en het haar 60-jaar lidmaatskap-toekenning in Maart 2020 ontvang.

Devontak het ‘n nuwe takvaandel laat ontwerp van een van die volkstapisseries wat deur lede geborduur is en wat steeds in die kerksaal hang

Devon is betrokke by die gemeenskap. Elke jaar word koekies geskenk aan die bejaardes van die omgewing. Dit is altyd ‘n hoogtepunt om die blydskap op hulle gesigte waar te neem.

Devontak was ook betrokke by opvoedkundige program te Laerskool Devon en het die kinders gewys hoe om groente te plant. Saad, grond en en boksies was geskenk deur ons lede.

Vir fondsinsameling is die weeklikse verkoop van verversings by die veeveiling iets om na uit te sien.

Goeie samewerking van lede dra daartoe by dat ons by verskeie konferensies en selfs kongresse beste presteerders was. Van die staatmakerlede Susan Louw en Santie Meyer het by verskeie kongresse en SAVLU- kompetisies eerste pryse gewen. Die VLU bly ‘n wonderlike platform om ons kennis te verbreed.

As gevolg van ontvolking van die platteland en die ouderdom van lede het ons ledetal gedaal. VLU bly egter nog elke maand ‘n hoogtepunt, want ons leer baie en kuier heerlik

saam.

Lena Nolte was jare lank voorsitter en sy was ook Streekvoorsitter tot 1995 toe sy oorlede is.

Kinross Tak

VLU-Kinrosstak is reeds in 1928 gestig. Geskiedenis van hierdie tak is nooit aangeteken in die “Blou Boek” en albums en notuleboeke is ongelukkig ook nie meer in ons besit nie.

Kinross bestaan uit ‘n handjievol lede wat’ groot verskil in die gemeenskap maak. Ons neem deel aan uitstappies en hou ook werksklasse. Ons reik uit na ons gemeenskap, hou kanker byeenkomste, bied hulp aan die bejaardes en Christopher Ryansentrum. Ons neem ook graag deel aan kongresprojekte en kry ook uitstekende punte vir ons werk wat ons lewer.

In 2003 het die tak sy 75-jarige bestaan gevier met ‘n pragtige “‘damesoggend In 2018 het ons die tak se 90-iarige bestaan gevier. Van ons oud-lede is ook uitgenooi om die oggend saam met ons te kom geniet, Dit was n baie spoggerige geleentheid.

Ongelukig het ons tak ook lede verloor maar die afgelope paar iaar bly ons

getalle konstant. Ons is ‘n klein tak wat soveel moeite doen met ons maandelikse

vergaderings en daar word met groot sorg omgesien na almal se belange en welstand.

Secunda Tak

Mev. van Vuuren, streeksleier in hierdie gebied open die stigtingsvergadering op 18 Januarie 1978 met VLU-gebed. 32 dames is teenwoordig.

Transvaal was verdeel in 21 streke en Secunda val in die Bethal-Ermelo streek. EIke tak het verteenwoordiging op die streekbestuur.

Ledegeld word deur elke tak self vasgestel en is betaalbaar op 1 Februarie jaarliks. Tak ledegeld is vasgestel op R5 per lid per jaar. Ledegeld aan hoofkantoor beloop R2 per lid per jaar en die geld word gebruik om die TVLU-nuusbrief uit te gee.

Eerste bestuur van VLU-Secunda was voorsitter: Mev. Kritzinger, 1ste vise-voorsitter: Mev. J. Spies, 2de vise-voorsitter: Mev. Y. Vorster en addisionele lede: Tharina Kretchmer, Dalene Nel, Berna Davids, Elize van Deventer, Estelle Gouws en Janette Pretorius. Die sekretaresse en tesouriere word uit hierdie lede verkies.

VLU-Secunda se eerste vergadering vind plaas op 1 Februarie 1978 in die Sasol-ontspanningsklub.

Die tak poog daarna om elke vergadering interessant te maak en vir lede demonstrasies en werksklasse aan te bied. Ander jare trek lede elke maand ‘n sekere kleur aan soos vooraf bepaal. Natuurlik is die koffie en tee met verversings na vergaderings ook `n hoogtepunt en word daar lekker gekuier.

Secundatak het ‘n fondsinsameling gehou met ‘n skaapbraai en ‘n heerlike dans daarna, musiek is verskaf deur Lawrence en Lürika Bowker. Secundatak is baie betrokke in die gemeenskap en lede maak geskenke vir Marietjie-sentrum, skool vir gestremde kinders. ‘n Singer naaimasjien word geskenk vir opleiding aan die dames in gevangenis, met die projek “Vroue in gevangenis”, klere en materiale is ook geskenk.

Die tussengangerkamer in die magistraatskantoor, is die kamer waar kinders, wie in die hof in kamera moet getuig, gehou word. Mevroue Margaret Murray en Gisela Whittaker het op die mure geteken en geverf. Die kamer ook versier met kleurvolle gordyne en kussings om te help om die kinders kalm te hou. Speelgoed, gemaak deur lede van Secunda-VLU, geskenkte en en gekoopte speelgoed, inkleurpotlode, stoeltjies en tafeltjie en ‘n mat Is voorsien.

Lekkergoed en suigstokkies is ook voorsien, waarmee die kinders besig gehou kon word. Lede van Secundatak het toiletwater, skoonmaakmiddels, kos en kontant geskenk vir Hospice, hulle versorg bejaardes wie nie meer na hulself kan omsien nie. Shirley was met kanker gediagnoseer en sy het die Here gevra om haar gesond te maak en dat sy dan ander mense sal help. Sy is genees en sien baie mooi om na die bejaardes, waarvan sommige nie oor fondse beskik om vir hul versorsing te betaal nie.

Ongelukkig is IS geen klasse of aktiwiteite aangebied gedurende grendeltyd nie, maar dames het hul beslis self besig gehou. Sophie Hugo het haar naaldwerkkamer reggepak, VLU-dokumentasie uitsorteer en liaseer en het n blomme kandidaat gehelp met haar eksamen wat sy wel geslaag het.

Maskers is gehekel en daar is geëksperimenteer met koeksisters, Lemon Meringue en gevulde vetkoeke. Omdat alkohol verbode was, het Tracey besiuit om haar eie Apple Cider te maak – darem het sy dit nie verkoop nie!

Secundatak gee om vir sy lede, ons het goeie bywoning van ons lede tydens vergaderings. One lede gee om vir mekaar, ondersteun mekaar, leer graag nuwedinge en kan ekker kuier. VLU-vergaderings is ‘n plek waar almal van alle ouderdomme welkom is en geborge voel.