Wednesday, December 18, 2024

Veediewe ge-arresteer

Bookmark
Bookmarked

Standerton AfriForum Buurtwag het inligting gekry rakende veediefstal in die Morgenzon omgewing.
Bethal VDE is gekontak en ń plan is saamgestel. Om 2:00 het die veediewe se voertuig Morgenzon verlaat en lede het die voertuig agtervolg.
By Standerton se ingang is die pad toegemaak deur verskeie rolspelers en die voertuig is gestop.
5 Verdagtes is gearresteer waaronder van hulle reeds op borg uit is op ander veediefstal sake.
Verdagtes is vanaf Standerton en Morgenzon afkomstig.
2 Beeste ongeveer 300kg is gevind agter in die bakkie vasgemaak. Die laaiplek buite Morgenzon is ook gevind.
Uitstekende uitvoer van inligting gedrewe operasie. Die ondersoek duur tans voort.
Groot dank aan Boere van die omgewing sowel as Charl Cilliers, Bethal Stic lede, Standerton AfriForum buurtwag, Kasselman sekuriteit en ook aan Bethal VDE lede wat heelpad saam met almal gewerk het.