Wednesday, January 1, 2025

Kruinpark Skaak – 4 spanne dring deur na MPU

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Kruinpark het 4 skaakspanne wat deurdring na die Mpumalanga uitspele wat 3 September 2022 plaasvind

Laerskool Kruinpark se skaakseisoen het 29 Julie 2022 begin waar hulle eerste wedstryd in Leandra plaasgevind het. Die uitslae was as volg:O/13 A-naaswenners, O/13 B-naaswenners, Dogters-naaswenners, O/11-derde plek, O/9-derde plek.

Al 5 skaakspanne het aan die Munisipale liga uitspele deelgeneem wat die 12de Augustus 2022 plaasgevind het by Laerskool Kruinpark.  Die spanne se uitslae was na ‘n paar naelbyt wedstryde as volg:  O/13 A-wenners, O/13 B-naaswenners, Dogters-naaswenners, O/11-naaswenners en die O/9-derde plek.

Vrydag, 19 Augustus 2022 was dit die Gert Sibande Uitspele wat by Laerskool Goedehoop aangebied is. Die O/13 A, O/13 B, O/11 en O/9 spanne dring deur na die Mpumalanga Skaak byeenkoms wat die 3de September plaasvind by Curro Nelspruit.

O/13 A (Wenners), van links na regs: Michiel vd Berg, Donovan Pieters, Markis Schoeman, Louis Roux, Arno Theron, Liam Barkley.
O/13 ope B (Naaswenners), van links na regs: Keenan Carstens, Xavier le Roux, Juanru Brazelle, Xavier Potgieter, Duncan van Rooyen, Imke vd Lith, Henk Wolmarans, Morgan Wolvaardt, Bryan Gouws (Iwan van der Merwe afwesig op foto)
O/11 (Wenners), van links na regs:Totius Botha, Zander Blom, Markus Coetzee, Dehan Horn, Daniël jv Rensburg, Riekert van Zyl.
O/9 (Naaswenners), van links na regs: Eben Preuyt, Janke-mari Shahia, Mianay van Niekerk, Eckard Beelders, Caitlin de Beer, Lian Erwee.

Laerskool Kruinpark se skaakspanne is almal vreeslik opgewonde vir die geleentheid om aan die Mpumalange byeenkoms te kan deelneem!

In Februarie 2022 het Laerskool Kruinpark 13 atlete gehad wat deelgeneem het aan die Mpumalanga Kampioenskappe vir atletiek ook.

Vir meer nuus oor Laerskool Kruinpark se aktiwiteite, volg hulle Facebookblad by Laerskool Kruinpark Amptelik.