Hoėrskool Secunda sport prestasies

0

Die volgende atlete van Hoėrskool Secunda het tydens die MP – Atletiekbyeenkoms wat Saterdag, 7 Maart plaasgevind het, na die SA- Kampioenskappe deurgedring wat op 18 – 21 Maart in Boksburg sal plaasvind. Hulle sal vergesel word deur Mnr. George Matfield en Mev. Christelle Matfield. Die skool is baie trots op hulle en hul afrigters.

Agter vlnr: Tyron Moolman, Tiaan de la Rey, Siyanda Mkonza, Me. Christelle Matfield, Mnr. George Matfield
Voor vlnr: Sunč Stander, Nicole Lindeque, Liane Parks, Sharona Klein,  Oratile Molaba,  Jessica van den Berg, Michelle Parks

Hoėrskool Secunda se gholfspelers het Vrydag, 6 Maart op Walker Park in Evander teen die ander vyf skole in die Liga deelgeneem.

Die gholfliga bestaan uit HS Oosterland, HS Secunda, Evander, Balfour en Kriel.

Die 1ste span het gewen. Die tweede spanne van Hoėrskool Secunda en Hoėrskool Oosterland was gelyk. 

Hoėrskool Secunda het teen Hoėrskool Linden wintersport gespeel. Hier is van die hoogte punte!

Fotograaf: Liesl Pretorius 
Fotograaf: Liesl Pretorius 
Fotograaf: Liesl Pretorius 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here