Sunday, October 6, 2024

Kosie Kruger word vrygelaat op R 5000.00 borgtog

Bookmark
Bookmarked

Na ‘n lang gewag by Secunda Magistraatshof het 24 jarige Mnr Jacobus Andries Kruger voor die hof verskyn. ‘n Somber gevoel het deur die hof getrek toe Mnr Kruger uit die selle uitgebring was vir sy borgtog appél.

Kosie Kruger word vrygelaat op R 5000.00 borgtog
Mnr Jacobus Andries Kruger

Die tragiese gebeure in die vroeë ure van Saterdagoggend moes hy weer oor herleef in vandag se verskyning.

Volgens die polisie verslag het Mnr Kruger (Kosie) en Mnr Jacobus Beylefeldt in die vroeë ure van Saterdagoggend gaan slaap. Hulle het ‘n kamer gedeel. Kosie het volgens inligting aan Die Bulletin verskaf, sy gelisensieërde vuurwapen van sy lyf verwyder en ‘n skoot het afgegaan.

Jacobus is in die kop geskiet.

READ ALSO: Criminals target homes in eMbalenhle, extension 4

Volgens ingeligte bronne na aan die saak het Kosie dadelik sy vriend, Jacobus, gegryp en hospitaal toe geneem.

Ongelukkig was Jacobus dood verklaar met hulle aankoms by die hospitaal.

In vandag se hof verskyning het Kosie se advokaat aangedring op ‘n laer vonnis as die wat die staat hom voor aangekla het: Murder Schedule 5.

Kosie se advokaat, Mnr Joubert, het borgtog van R 5000.00 voorgestel en die staat het dit nie teengestaan nadat alle nodige dokumente ingehandig was aan die speurder wat aan die hoof van die saak staan. Joubert het bygesê dat dit nodig is om dadelik berading vir Kosie te kry na die tragiese gebeurtenis.

Kosie moet weer 6 Oktober in die hof verskyn.

Mariette Kruger van Sasol Rugby Klub het die volgende gedeel:

Op 9/11 het die wêreld ‘n groot skok, herdenk van 19 jaar gelede toe die 2 vliegtuie in die “twin-towers” in gevlieg het. 

Kosie Kruger word vrygelaat op R 5000.00 borgtog
Jacobus Byleveldt (Foto verskaf deur Mariette Kruger)

Op 9/12 slaan die slegste nuus Sasol Rugby Klub Familie, verslae en plat op die grond. Eers het ek gedink dat ek seker net n nagmerrie gehad het maar toe dit mooi ingesink het kon ek die moederhart se trane nie keer nie. Een van ons bestuurslede het die boodskap aan ons lede oorgedra op ons whatsapp groep.

1000e Gebroke ?, boodskappies en oproepies het ingestroom. Ons as rugby klub is nie net n groep mense wat n sport saam beoefen nie, ons is ‘n familie van ouers, broers en susters wat werklik vir mekaar omgee en na mekaar omsien. Trane het vrylik gevloei sonder keer. 

As deel van die bestuur en in my amp as Presidente voel ons dat dit ons plig is om ons spelers te beskerm. 

Maar in my 11 jaar wat ek betrokke is by Sasol Rugby Klub het ek die voorreg om ook as die Rugby Ma gesien te word, en glo my, elkeen van die spelers het ‘n baie spesiale plek in my hart, as daar vir my gevra word hoe ek dit doen is my antwoord: “as jy my hart oopbreek sit daar duisende gesiggies met n blou Sasol trui, wat ek baie lief voor is, en elkeen van hulle beskou ek as my eie kind.” 

Nooit het ek gedink dat daar eendag ‘n gat in my hart gebreuk sou word nie. Hoe bly jy sterk staan as n bestuurslid in sulke tye?

Vandag het ek weereens gesien hoe geliefd Jacobus was onder sy mede rugby broers, wat moedig deur die hartseer, elkeen n boodskappie neer gepen het en presies beskryf het hoe ons hom beleef het. 

READ ALSO: Trio to appear in court for illegal possession of firearms and ammunition

Hy was ‘n klein geboude, groot ? speler, hy het ons leuse die “Sasol HEART” voorwaar uitgebeeld. Hy het altyd trots dog nederig, sy alles gegee op en van die veld af. Telkemale sy opponente met durf aangevat en keer op keer almal verras met sy blitsige systappie en groot tackles, wat ‘n groot lekkerte uitgelok het aan ons toeskouers. Jacobus was nooit negatief nie en sy ondeunde glimlag sal altyd geets bly as jy aan hom dink.

Hy het nooit lyf weggesteek nie, hy was altyd gereed om te help, maak nie saak hoe klein of groot die take was nie. Die span het hom terdeë geniet met sy gesellige en skerp sin vir humor, dit is altyd so lekker om na die manne se mannewalisse op pad na en veral terug, na ‘n wen van wedstryde, op busroetes te luister. 

Jacobus het by ons Sasol familie aangesluit, ek onthou dit soos gister, sy eerste wedstryd was in Middelburg met ‘n 7’s Toernooi. Hy was briljant daardie dag. Hy het sy merk gelaat met ‘n hele paar 3e maar die grootste van als was toe hy een van die oponente reg voor die doellyn uitgeduik het, en so nog ‘n wen bewerkstellig het.

Kosie Kruger word vrygelaat op R 5000.00 borgtog
Jacobus op die rugbyveld saam sy met1 span maats (Foto verskaf deur Mariette Kruger)

Jacobus glimlag seker soos net hy kan met trots was hy deel van hierdie klub se wen kultuur die afgelope 4 jaar as MRU Wenners. 

Ons gaan jou beslis baie mis ou seun. Ons harte is seer vandag maar vir jou sal ons altyd ‘n ere plek hê, nie net in ons harte nie maar ook as ‘n Legende. Ons Salueer JOU!

Mag elke Sasoliet Trots sy Memory eer

Aan sy ouers en naaste familie ons innige simpatie, mag God julle toevou met vertroosting. Dankie ook dat julle hom met ons gedeel het. Ons harte is saam met julle stukkend.

SASOL HEART

Die Bulletin wil dan ook graag hiermee ons medeleie deel met die familie van albei jong mans. Baie sterkte in die tye wat nou voorlê.