Sunday, January 19, 2025

Boekgesprekke in The Living Gallery

Bookmark
Bookmarked

Boekgesprekke in The Living Gallery,  gelei deur Ilze Salzwedel

Twee van Afrikaans se voorste vroulike skrywers van populêre fiksie het in die Living Art Gallery tydens die Umuzi Kunstefees hul skryfprosesse en jongste boeke met Ilse Salzwedel gedeel

Ilse Salzwedel is ‘n bekroonde joernalis, skrywer en omroeper van Johannesburg. Sy is reeds 25 jaar lank ‘n vryskutjoernalis in die Afrikaanse hoofstroom-media, Sy is self die skrywer van nege nie-fiksie-boeke en ‘n gerekende vertaler. Sy leef hierdie liefde vir klank en stories sedert 2013 uit as aanbieder, regisseur en vervaardiger van die weeklikse RSG-program Skrywers en Boeke. Ilse se kennis as skrywer het  hierdie gesprekke gelei en die feesganger vasgenael gehou

Eerste aan die beurt was Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach is ‘n regsgeleerde van KwaZulu-Natal wat haar al die afgelope twee dekades in die strafregstelsel en spesifiek aan die slagofferkant daarvan bevind. Dit wat sy daar gesien het en as deel van haar beroep beleef het, was die uiteinde van ses misdaadverhale –  asook ’n politieke riller, Buit, en ’n verhoudingsroman, Heks, wat later vanjaar verskyn. Sy het verduidelik dat die naam van die boek niks te doen het met die mitologiese figuur nie.

Sy het ook grappensgewys vertel hoe die omslag van die boek ‘n beproewing was, aangesien niemand wou betrokke raak by; – wat hulle aanvaar het,- ‘n kultus boek is nie. Sy het egter verduidelik dat die storie oor ‘n buite egtelike verhouding gaan en waar eerder die voorletters van die karakters, in ‘n gesprek, as die name gebruik word. Breytenbach het net genoeg weggegee oor die nuwe boek, vir almal om uit die gesprek te stap met afwagting.

Ilse het die tweede gesprek met Chanette Paul weereens met bestudeerde kennis oor haar skryfwerk en professionaliteit gelei.

Chanette het gesels oor haar 50ste roman, Anoniem.

Paul, het vertel dat haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op 16-jarige ouderdom geskryf het en wat op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.

In 2007 begewe Paul haar op ’n heel ander terrein as haar gemaklike romantiese fiksie, naamlik dié van die spanningsverhaal, maar nog altyd met ondertone van romanse daarby. Sy gesels oor haar 50ste roman Anoniem wat handel oor Lula Prins, ‘n jong vrou wat haar lewe anoniem op ‘n klein dorpie wil herbou.

Maar dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal. Hierdie man is opsoek na die waarheid oor wat met sy broer gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk?

Hier los sy die feesganger en byna almal vind hulle pad na die tafel van Bargain Books wat eenkant in die galery ‘n uitstalling van ons land se beste skrywers gehad het.