Monday, October 7, 2024

Mpumalanga Kampioenskappe – 13 Kruinparkers blink uit

Bookmark
Bookmarked

Mpumalanga Kampioenskappe: 13 Laerskool Kruinpark Atlete doen uitstekend

13 Laerskool Kruinpark atlete dring deur na die Mpumalanga Kampioenskappe.

16 Atlete van Laerskool Kruinpark het Vrydag, 25 Februarie 2022 aan die Gert Sibande Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by die Secunda Stadion plaasgevind het. Skole van regoor die Gert Sibande Distrik het deelgeneem.

13 atlete deurgedring het na Provinsiale vlak, die Mpumalanga Kampioenskappe (MUSSA) wat 12 Maart gaan plaasvind ook by die Secunda Stadion.  Hierdie byeenkoms is vir al die skole in Mpumalanga ‘n groot en belangrike byeenkoms. Atlete wat deurdring tot op hierdie vlak, kan almal baie trots wees.

Laerskool Kruinpark se atlete het regdeur die 2022 seisoen hulle alles ingesit en baie hard geoefen om die prestasies te kon behaal! Dit is die eerste keer in 2 jaar wat die atlete kon deelneem!

Laerskool Kruinpark wil graag elke atleet, hul betrokke ouers wat seker maak hulle is by elke oefening en ook die byeenkomste bywoon en hul kinders ondersteun, sowel as die afrigters bedank vir hulle harde werk die jaar. Dankie vir elkeen se insette en opoffering!

Deur die seisoen was daar net net 1 of 2 rekords wat gespat het by die byeenkomste nie. Laerskool Kruinpark se atlete het ‘n hele paar rekords laat spat! Laerskool Kruinpark se atlete het regdeur die jaar gewys dat hulle dié jaar slaggereed is en dat ‘n rekord daar is om gebreek te word.

Die een prestasie wat uitgesonder word, was waar Ulrich Dreyer tydens die TOP 15 ATLETIEK, die 200m rekord van 26:31 sekondes laat spaander met sy 25:55 sekondes en ook aangewys is as die Victor Ludorum van die byeenkoms wat 9 Februarie 2022 plaasgevind het.

Tydens die Hoëveldgroep Atletiek byeenkoms wat 2 Februarie 2022 plaasgevind het by die Secunda Stadion, het Ulrich Dreyer 4 rekords gebreek en Janru Pretorius het 1 rekord gebreek.

Inteendeel, was daar nie een byeenkoms hierdie jaar waar daar nie ‘n rekord of twee verbeter is nie.

“Net om die geleentheid te hê om te kon deelneem aan die Gert Sibande Atletiek byeenkoms was reeds ‘n ongelooflike voorreg, so vir hierdie atlete wat deurgedring het na die Mpumlanga Kampioenskappe, wens ons net alle voorspoed en is ons opreg trots op elkeen. Dit was ‘n pragtige seisoen en was dit vir my ‘n voorreg om by ‘n paar byeenkomste te kon wees om ons atlete te sien deelneem en presteer,” sê Anita de Beer, Skakelbeampte van Laerskool Kruinpark.

Mpumalanga
Laerskool Kruinpark atlete is van links na regs agter:  Janru Pretorius, Du-Handré Putter, Jani Nel, Ulrich Dreyer, Alex Lesch, Iwan Scholtz.
Van links na regs voor: Jayden Scholtz, Sipho Mashego, Benji Oosthuysen, Taylor Botha,  Janiéke van der Merwe, Quintin Geyser, Juné van Wyk.

Hieronder is die individuele uitslae en prestasies van die 13 atlete wat deurgedring het na die Mpumalanga Kampioenskappe (MUSSA):

Du-Handré Putter O/10 80m: 2de plek100m: 1ste plek70m Hekkies: 3de plek

Mpumalanga
Du-Handré Putter

Jani Nel O/10 70m Hekkies: 1ste plekVerspring: 3de plek

Jani Nel
Jani Nel

Iwan Scholtz O/10 Gewigstoot: 1ste plek

Iwan Scholtz
Iwan Sholtz

Sipho Mashego O/11 1200m: 3de plek

Sipho Mashego
Sipho Mashego

Benji Oosthuysen O/11 70m Hekkies: 1ste plek

Benji Oosthuysen
Benji Oosthuysen

Quintin Geyser O/11 Verspring: 2de plek

Quintin Geyser
Quintin Geyser

Juné van Wyk O/12 1200m: 1ste plek

Juné van Wyk
Juné van Wyk

Janru Pretorius O/12 75m Hekkies: 1ste plek150m Hekkies: 3de plek

Janru Pretorius
Janru Pretorius

Janiéke van der Merwe O/12 Diskus: 3de plek

Janiéke van der Merwe
Janiéke van der Merwe

Taylor Botha O/12 Spiesgooi: 1ste plek

Taylor Botha
Taylor Botha

Ulrich Dreyer: O/13 100m: 1ste plekHoogspring: 2de plek

Ulrich Dreyer
Ulrich Dreyer

Alex Lesch: O/13 200m: 4de plek

Alex Lesch
Alex Lesch

Jayden Scholtz O/13 Spiesgooi: 4de plek

Jayden Scholtz
Jayden Scholtz

Laerskool Kruinpark se atlete het in Maart 2020 laas die geleentheid gehad om deel te neem en te kon deurgaan na Mpumalanga Kampioenskappe, ongelukkig het die Covid Grendeltydperk gekeer dat hulle kon gaan deelneem. Daarom is dié jaar selfs meer spesiaal vir die skool sowel as die atlete. In 2020 het daar 8 atlete deurgedring na die Mpulanga Kampioenskappe waar die skool die jaar kan spog met 13 leerders. Lees meer hier:

Om meer van Laerskool Kruinpark se aktiwiteite en projekte te weet, gaan “like” gerus hulle Facebook Blad, Laerskool Kruinpark Amptelik.