Sunday, January 19, 2025

Johan Roarty staak Ile de France stoet boerdery!

Bookmark
Bookmarked

Johan Roarty het sy Ile de France stoet uitverkoop op ‘n veiling, Saterdag 29 Augustus 2020.

Die naam Johan Roarty het sinoniem geword met Ile de France skape. Hy het skape van hoogstaande gehalte geteel op sy plaas Kromdraai naby Kinross, Mpumalanga.

Sy skape was gesog by kopers op die gereelde veilings wat die Ile de France Skaaptelersgenootskap van Suid Afrika gehou het.

Johan tydens sy stoet se veiling
Johan Roarty tydens die algehele veiling van sy stoet

Johan het in 2002 sy eerste skape van sy stoet gekoop en in 2003 skou hy dan ook die eerste keer met die skape by die Pretoria Skou. Daar wen hy toe eerste plek met een van sy ooie.

Die Johan Roarty Stoet het bekendheid verwerf in die skaap kringe met al die pryse wat sy stoet gewen het. Tydens die 2007 Pietermaritzburg skou wen hy die beste slaglam kompetiesie. Hierdie is ‘n baie gesogde prys.

The Bulletin het met Johan Roarty en Jan Mostert gesels oor die Ile de France veiling

Tydens die 2016 Pietermaritzburg Royal Show behaal een van Johan se karkasse ‘n alemintige R400 per Kilogram. Die karkas was deur Wilowton Meats in Pietermaritzburg gekoop. Die duurste wat vir Johan se karkasse betaal was is R485 per kilo.

Johan se kantoor is oortrek met al die pryse, medaljes en sertifikate wat hy al met sy skape verwerf het.

The Bulletin het aan Johan gevra waarom hy die deel van sy boerdery staak?

“Die groot rede is maar die ouderdom,” het Johan geantwoord, “daar is ook nog die ding van die diefstal.”

LEES OOK: Double farm murder shock!

Die stoet ramme was eenkant gehou om te kondisioneer maar ongelukkig is al 12 Stoet ramme in een aand gesteel.

Die boerdery bestaan nie net uit stoet skape nie maar ook slagskape en beeste. Johan, wat vanjaar 70 jaar oud is, het sy hele lewe lank geboer en het ‘n groot liefde vir die Ile de France ras ontwikkel.

Op die opmerking van The Bulletin dat die skape lyk of hulle gekam is voor die veiling het hy net gelag en gese dat dit is hoe hulle uit die kraal gekom het.

Johan het ‘n groot passie vir sy skape en elke skaap kan hy uitken. Sy liefde vir sy skape kan altyd gesien word deur sy dag tot dag take. Wanneer die dag tot ‘n einde kom gaan sit hy rustig by die skaapkraal en bekyk en bewonder sy skape. Johan het alles ingesit vir sy skape.

Die veiling Saterdag het baie goeie pryse behaal en die die hoogste prys is vir ‘n ooi betaal. Francios Drotskie van Ellisras, het R18000 vir die mooi ooi betaal.

Johan by die uitverkoping van sy stoet
Johan Roarty, Jan Mostert van BKB, Franscois Drotskie en sy vrou Irmi wat die mooi ooi gekoop het. Voor is Eric, ‘n lid van BKB, wat die ooi vashou.

Jan Mosterd van BKB Lewende hawe wat die afslaer was was vol lof vir die kwaliteit van die stoet. Hy was dan ook baie tevrede met die dag se verrigtinge.

“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir almal by BKB my hoed op te lig,” het ‘n aangedane Johan gesê, “en te sê, baie dankie.”

Johan beskryf sy stoet as sy tweede stel kleinkinders.

Die Ile de France boere gaan vir seker die kwaliteit van Johan se skape mis. Die kopers wat van heinde en vere gekom het het gekom om nog ‘n laaste keer van sy bloedlyn aan te koop.

Johan, geniet jou aftrede. Ons is verseker dat jy nie heeltemal sal aftree nie en hou maar die sake dop om te sien wat volgende gaan wees.