Wednesday, January 8, 2025

Pro-aktiewe Ouerskap, hulp vir ouers

Bookmark
Bookmarked

Pro-active Parenting Expo/ Pro-aktiewe Ouerskap Expo word aangebied deur terapeute op 20 Augustus 2022. Dit word by Kruik gehou en toegang tot die ekspo is gratis. 

Navorsing, terapeute, onderwysers en ouers het dit eens: Ons jong kinders is onder geweldige druk, ervaar angs / depressie en ouers sukkel met hulle opvoedingstaak, omdat hulle nie almal goeie ouerleiding ontvang nie. Na aanleiding van hierdie behoefte -wat ook in ons dorp bestaan – word die volgende geleentheid aangebied:

aktiewe

Pro-active Parenting Expo/ Pro-aktiewe Ouerskap Expo word aangebied deur terapeute op 20 Augustus 2022. Dit word by Kruik gehou en toegang tot die ekspo is gratis. Tydens die gratis Expo wil ons graag ouers met mense/ondersteuningsgroepe/ verbind wat hulle moontlik kan bystaan. Daar sal talle van ons plaaslike terapeute beskikbaar wees by stalletjies wat hulle beman en hopelik kan hulle ‘n paar bekommerde ouers te woord staan. Ons nooi ook die voorskool aktwiteite, Gr R-klasse en laerskole uit om te kom wys watter bydrae hulle maak in die vroeë ontwikkeling van kinders – so bietjie van ‘n “Een-stop-geleentheid” vir ouers.

Marie Venter – Opvoedkundige Sielkundige en Nadine Dunn – Gesins en Spelterapeut gesels oor die Expo

Daar is ook ‘n  tweetalige simposium tydens die oggend. Koste beloop R180 pp. Die onderwerpe van die simposium is gekies na aanleiding van ‘n behoeftebepaling:

9:00   Proactive self-management in chaos

 Maryna Borstlap – Clinical Psychologist

10:00 Proactive discipline strategies managing scholastic pressure

 Marie Venter – Educational Psychologist

11:00 Proactive coping with an anxious child

 Ronel Sadie – Educational Psychologist

Navrae kan gerig word aan me Liné de Vries – 082 786 0134 en kaartjies is by die Kruik boekwinkel beskikbaar (kontant asseblief).

By die praktyk van Nadine Dunn   (Familie- & Spelterapeut ) 062907 6932  is ook kaartjies beskikbaar.

aktiewe

Also read: ANIMALS 101 – FERAL CATS DESERVE COMPASSION TOO!