Sunday, January 19, 2025

Kruik Oggenddiens 13 September 2020

Bookmark
Bookmarked

Welkom by Kruik se oggenddiens 13 September 2020

Tema vir vanoggend se diens is: Die Jesus Ritmes

Kruik se oggenddiens 13 September 2020: Die Jesus Ritmes

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens 6 September 2020

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels.

Geniet die diens saam met ons!

Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/39844866

Die Jesus ritmes…

Wat is dit wat Jesus doen en sê wanneer dit kom by ritmes in sy lewe?

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes…

Een van die eerste ritmes wat Jesus kommunikeer is aan Nikodemus… jy moet weer gebore word.

Johannes 3:3 Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Nie net ons harte nie maar al die ander aspekte van ons lewe ook.

Net soos wat ek die Here toelaat om my na weder-geboorte te lei moet ek hom toelaat om die prentjies wat ek oor God en oor Jesus en oor my in hulle te verander.

Jou prentjie van God beinvloed alles in jou lewe… hoe jy bid, hoe jy bybel lees hoe jy jou verhoudinge sien hoe jy jou lewe sien met God daarin… en miskien nooi Jesus ons juis uit na dit.

As jy die prentjie van jou lewe wil verander – verander jou prentjie van My. Hoe sien ek God?

Dallas Willard – The acid test for any theology is this: Is the God presented, one that can be loved, heart, soul, mind and strength? If the thoughtful, honest answer is “Not really”, then we need to look elsewhere or deeper.

Hoe lyk die God van my geloof? Is dit ‘n liefdevolle Vader wat ek met my hele menswees kan liefhê en weet Hy het my met alles wat Hy is lief?

As dit nie so is nie, moet ons nuwe ritmes en prentjies skep oor wie God is sodat dat al die ander prentjies van my lewe kan verander.

Want ons lewe dalk met ‘n vervalste ID van God?

Wie is God? Hoe lyk daai prentjie? Jesus sê Hy is Vader. Die skrifgeleerdes vra Jesus… Hoe lyk jou prentjie van God?

Markus 12:28-31 Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle ‘n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?” Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Johannes 17:22,23 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.

Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

God is ‘n Vader en Hy het lief en Hy gee.

En dan sê Jesus ek en die Vader is een Johannes 10 – as jy my gesien het het jy die Vader gesien Johannes 14.

Hoe lyk jou prentjie van Jesus? Jesus vra dit vir sy dissipels… wie sê die mense is ek?

Wie sê julle is ek?

Matt 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete. “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Vraag wat ek baie myself moet vra… hoe lyk Jesus in my lewe… bediening… huwelik… vaderskap… in vriendekring… by my werk… in my geestelike lewe… in my kop? Is dit vas?

Trevor Hudson – Spiritual commitments, if they are to be helpful, need to be translated into specific and concrete terms. Otherwise it remain pious-sounding and abstract concepts that mean little when it comes to the real business of everyday life.

Dallas Willard – The acid test for any theology is this: Is the God presented, one that can be loved, heart, soul, mind and strength? If the thoughtful, honest answer is “Not really”, then we need to look elsewhere or deeper.

Is my prentjie dit en as dit nie is nie, wat moet ek doen om dit te verander?

Hier is ‘n gebed – Heilige Gees help my om gesonde, ware prentjies van Jesus in my lewe te teken… herhaal en word stil sodat God met jou gedagtes kan werk.

Besprekingsvrae
Hoe lyk die prentjie van God vir jou?
Hoe kan ek opnuut die prentjies van God verander deur die hulp van die Heilige Gees?

Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “Dans” / C.Combrink & L.Brittz / © Brittz, Louis “Meer en Meer” / D.Murphy / © DonoMurphy “Ek weet U is lief vir my”/ S.Smith / © 2006 MAR Gospel Music Publishers