Welkom by Kruik se oggenddiens 24 Oktober 2020
Vanoggend se tema is: Jesus in die middel van ons soeke.
Lees ook: Kruik Oggenddiens 27 September 2020
Ons almal is op soek na sin in die lewe. Wat van as Jesus in die middel van alles in ons lewe staan en Hy ons uitnooi om Hom te volg?
Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.
Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere: 1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016 2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.
Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.
Ons sal graag met jou gesels.
Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/42417714
Ek soek baie goed… Bmw… tekkies… dark chocklate… Ek is ook besig met baie goed… werk… oefen… kos maak… wasgoed was… stryk… inkopies doen…
Ons dink hierdie begeertes en gebeure is los van ons spiritualiteit… hierdie is alles deel van ons spiritualiteit… ons is gees… en alles van ons begeertes is eintlik ‘n soeke na vervulling. Hierdie is baie geestelik…
Ons almal is soekend… skoon klere… kos… beter liggame… beter verhoudings… liefde… beter resultate… groter salaris… en in ons godsdienstige lewe… soekend na God.
Maar wat van as al ons soeke na God is… na vervulling is…
Ons is soekend… in ons hele lewe… en net God kan daardie soeke stil maak.
Johannes 4:13-15 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.”
Maak my soeke stil… gee vir my van hierdie water…
Jesus weet sy is soekend… en slaan daar waar dit seer maak – bewyse van spreke…
Vrou by die put – Kyk… die belangrikste ding in jou lewe is om ‘n man te hê. Dis jou grootste soeke of begeerte…
Johannes 4:16-18 Hy sê toe vir haar: “Gaan roep jou man en kom terug hierheen.” Die vrou het Hom geantwoord: “Ek het nie ‘n man nie.” En Jesus sê vir haar: “Dis reg wat jy nou gesê het: ‘Ek het nie ‘n man nie.’ Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.”
Kyk… die belangrikste ding in jou lewe is om ‘n man te hê… kind… werk… mens… sukses…
Wat ek jou kan gee is lewende water wat bo-oor jou begeertes vloei en vat na wat jou soeke eintlik soek en eintlik begeer… vir My!
Hierdie is nie anders as vir die disippels nie… volg my en ek sal julle maak.
Ons sien soveel goed wat ons betower… maar as Jesus in die middel van ons staan… besef ons eers dat al die ander begeertes stil gemaak word…
Iemand het eendag gesê ons moet aandag skenk… jy moet kyk. Jy moet sien.
Johannes 4:19 Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, ek sien dat u ‘n profeet is. (Besef en vertrou)
Wildtuin… stadig… kyk… wow…
As ek dit eers geproe het… as ek dit eers gesien het…
VB – Persoon wat walvisse afneem.
Dieselfde persoon het ook gesê… jy moet dit sê…
Ek moet dit deel… sy gaan na die stad…
Wanneer ek dit deel… versprei ek die Jesus uitnodiging…
Johannes 4:27-30 Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met ‘n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie. Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?” Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom.
Jy moet Jesus as die middelpunt van jou lewe kan sien… en dat Hy deurlopend in jou lewe werk… nie net in jou kerk toe gaan en bybel lees lewe nie.
Jy moet dit sê… jy kan nie dit vir jouself hou nie.
Jy steek iemand aan om Jesus ook te volg…
Saam is ons beter… deel jou lewe en ervarings met iemand.
Nagmaal – Nooi ons uit om opnuut stil te staan by ons lewe, ons begeertes, ons soeke… en te besef… Jesus is die Lewende Water wat reg oor ons lewens vloei… en net Hy kan ons diepste soeke en begeertes stil maak…
Besprekingsvrae
Wat is jou grootste begeerte of soeke?
Wat van as net Jesus daardie soeke of begeerte kan stilmaak? Kan dit waar wees?
Sien dit raak… sê dit vir ander.
Geniet die diens saam met ons!
Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “Wie is daar soos U” / R.Burger / © 2012 Urial Publishing “Ewige God” / B.Brown & K.Riley / © 2005 Thank You Music “Way Maker”/ O.Kalu & O.Egbo / © 2016 Sinach