Sunday, January 19, 2025

Kruik Oggenddiens, 20 September 2020

Bookmark
Bookmarked

Welkom by Kruik se oggenddiens 20 September 2020

Tema vir vanoggend se diens is: Die Jesus Ritmes

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes.

Kruik Oggenddiens: Die Jesus Ritmes

Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/40702394

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens 13 September 2020

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere: 1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016 2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels.

Geniet die diens saam met ons!

Die Jesus ritmes…

Wat is dit wat Jesus doen en sê wanneer dit kom by ritmes in sy lewe?

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes…

Eerste week het ons gesê, daar is dele in jou lewe wat weer gebore moet word, nie net jou hart nie, jy moet dit identifiseer en van voor af met daai goed werk.

Verlede week was ek en jy genooi om ons prentjies oor God/Jesus te verander… wanneer ons prentjies van God verander verander die ander prentjies ook ons lewe. Jesus nooi ons uit om prentjies te hê van God wat ‘n goeie Vader is, wat liefhet en wat gee.

Vanoggend ‘n ritme wat groot skuiwe in my lewe gemaak het… veral in ‘n besige lewe van jaag, van vol dagboeke en en vergadering na ‘n ander… een dag na ander.

Om iewers in jou dag of selfs week stil te word. Te fokus net op die Here vir half uur… 15 min… iemand het gesê om in te plug by die Here op spesifieke tyd en plek.

Hierdie was ‘n ritme wat Jesus dikwels gedoen het en as dit goed was vir Jesus moet dit goed wees vir ons.

Lukas 5:15-16 Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.

Markus 1:35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid.

Johannes 6:15-17 Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, in ‘n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie.

Jesus het gaan in ‘plug’ by die Vader… hoekom slaan ons dit oor in ons eie lewens.

Om stil te word is een van die grootste ritmes wat ons in ons lewens nodig het… hierdie is ‘n ritme wat letterlik ons lewens kan verander.

Selfs in ons gebede… ek weet nie van jou nie maar ek vang myself baie dat my gebede net my woorde bevat… net my kant van die storie… Jesus dankie vir dit… help my met dit, vat dit asb uit die pad uit… beskerm my en leer daai ou ‘n les… Wanneer praat God in hierdie gebede?

Iemand het eendag gesê… gebed is… om te luister. Wanneer ek en God in gesprek is moet Hy mos eintlik die meeste praat of wat? Dit sal ten goede vir my lewe wees as God die meeste in my gebede praat. Vir dit… moet ek stil word… Sy disippels vra… leer ons bid… en voor Jesus hulle die Onse Vader gebed leer… sê Hy iets baie belangrik…

Matteus 6:6 Die Boodskap “As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.

Matteus 6:6 The Message “Here’s what I want you to do: Find a quiet, secluded place so you won’t be tempted to role-play before God. Just be there as simply and honestly as you can manage. The focus will shift from you to God, and you will begin to sense his grace.

Hierdie is ‘n uitnodiging van Jesus self… stilwees … stilplek.

Miskien is hierdie baie vreemd vir jou… miskien is jy nie ‘n ou vir sulke goed nie… miskien is dit vir jou ongemaklik… ek daag jou uit… doen dit net elke dag vir 15min… stil… eenkant en vra God om met jou te praat.

Hierdie ritme het my lewe drasties verander…Net soos my selfoon nodig het om te herlaai… het ek nodig om te herlaai… en Jesus het die nood gesien om te herlaai… eintlik is hierdie ‘n moet en nie net ‘n opsie nie.

Hierdie week was ek en Ruben op drie dae ‘n stil “retreat”… so belangrike ritme wat eintlik on-onderhandelbaar is… eintlik moet ek en jy een keer ‘n jaar genoeg tyd uitsit om stil te word oor ons jaar en ons lewe… Kan ons enigsens God hoor as ons nie stil word nie?

Tom Smith – Plugging in is an invitation to connect with our beautiful God that synchronizes us toward a closer engagement with God’s wild kingdom. We connect with the King in order to become active participants in His kingdom.

As wil doen wat die Here van ons verwag en doen wat Hy vir ons lewe wil hê – gaan ons moet doen wat Hy sê… om te hoor wat Hy sê… gaan ons moet stil word.

Dink vir ‘n oomblik… waar is jou “secluded place”… identifiseer dit… en gaan word stil… wil jy weet wat die Here vir jou wil hê… gaan hoor…

Besprekingsvrae

Hoe dink jy kan stilte in jou dag/week verskil maak in jou lewe?

Dink jy hierdie ritme kan waarde toevoeg tot jou lewe?

Wat sê Jesus van dit? Stil plek… Stil word?

Identifiseer plek en tyd…

Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “U is ons alles” / R.Burger / © 2017 Urial Publishing “Good Good Father” / A.Brown & P.Barrett / © 2014 Pat Barrett Music “Ek weet U is lief vir my”/ S.Smith / © 2006 MAR Gospel Music Publishers