Wednesday, December 18, 2024

Kosie daag besighede uit!

Bookmark
Bookmarked
Kosie daag ander uit om ook ‘n verskil te maak aan die dorp waarin hulle woon

Kosie van der Merwe het besluit om dinge in hand te neem en het besluit om iets te doen aan die stand van die dorp.

Die ingang na Secunda by die Albany verkeerslig sien maar sleg daaraan uit en Kosie van Noma Kanjani het besluit om dit skoon te maak.

“Dit is tyd dat ons weer trots word op ons dorp,” het Kosie gesĂȘ, “kom ons doen iets aan die stand van ons dorp.”

Kosie daag ander uit om ook in te spring.

Hy daag dan ander besighede uit om ‘n area “aan te neem” en dit skoon te maak. Dit stop egter nie daar nie. Die besigehede moet dit dan ook skoon hou.

Lees ook: GMM struggles with water supply amidst water restrictions

“kom ons kyk of julle dit beter as ons kan doen,” het hy geskerts.

GTR en JTR het alreeds die uitdaging aangeneem en is besig om areas skoon te maak. Hulle fotos/videos sal binnekort volg.

“Kom ons spring almal in en maak ‘n verskil,” het Jaco Horn van GTR gesĂȘ.