Tuesday, December 24, 2024

Hercules Viljoen verloor stryd teen siekbed

Bookmark
Bookmarked

Hercules Viljoen het op 15 Junie 2023 die stryd teen ‘n lang siekbed verloor.

Bekende prokereur, Hercules Viljoen, was al geruime tyd gewikkel in ‘n stryd teen siekte en het ongelukkig die stryd verloor op 15 Junie 2023.

Baie sal Hercules onthou as prokereur by Vos, Viljoen en Bekker waar hy vanaf 1997 gedien het met net ‘n klein onderbreking.

Hercules het veral in strafreg gespesialeer.

In ‘n dorpie in Noordwes, Vryburg, op ‘n Sondag (13 February 1972), het Hercules die lig gesien. In 1979 Verhuis die familie na Secunda.  Hercules het graag aan sport deelgeneem en uitgeblink in Krieket en Rugby vir Trichardt Laerskool asook Hoërskool Secunda. Later jare het hy Mpumalanga verteenwoordig in “Tenpin Bowling.”

Hercules laat ‘n groot leemte tussen sy familie en friende. Hy is beskryf deur die wat hom geken het as ‘n goedhartige en liewe mens.

Pa en dogter het ‘n hegte band gehad en hy het graag Geneve se aktiwiteite ondersteun. “Ek sal aan ons goeie tye vashou en nooit vergeet,“ Het Geneve geskryf, “Ek sal Pappa weer sien. Eks bly Pappa is nou gesond.”

Lenie, Hercules se eggenoot, het die laaste paar maande aan die Bulletin beskryf. Die emosies en seer lê nog baie vlak. “Hy het alles so maklik gemaak,” het Lenie gesê, “Hy het gesorg dat alles in orde was, selfs terwyl hy siek was het hy gesorg dat ons oor niks moes bekommer nie.”

“Dis hoe hy was.”

Lenie wil graag almal bedank wat hulle so goed bygestaan het en nog steeds bystaan. “Dit is so moeilik om almal op te noem,” het Lenie gesê, “eks bang ek laat iemand uit. Daarom se ek dankie aan elkeen sonder om name te noem.”