Monday, January 20, 2025

Hekelwoorde, Heelword op Genade plaas

Bookmark
Bookmarked

Tania Smit het onlangs uit haar boek, Hekelwoorde kom voorlees by Genade Plaas

Die koue en winderige weer het nie die groepie vrouens se geesdrif gedemp nie. Die saaltjie was mooi reggemaak en die koolstoof was lekker gestook om die hitte bietjie meer te maak.

Natuurlik was daar lekker warm koffie om die binnestes ook bietjie op te warm.

Genade plaas was ‘n gepaste lokaal vir Tania Smit se voorlesings uit Hekelwoorde en Heelword. Die platelandse omgewing het almal sommer lekker laat tuisvoel terwyl hulle geluister het na Tania se voorlesings.

hekelwoorde

Sommer met die staanspoor het Tania die dames aan haar lippe laat hang.

Sy het gepraat van egskeidings en nuwe liefdes. Swaarkry en lekker kry. Sy het ook vertel van die slegte medesyne wat Antoinette Pienaar vir haar gestuur het om maer te word nie. “Die pakkie lê al vier jaar daar,” het Tania geskerts, “ek glo nie ek sal daai walglike goed ooit weer drink nie.”

Die stories wat Tania voorgelees het het gewissel van lekker lighartige, skertsende stories na swaar, emosionele stories.

“Gewoonlik is daar ‘n paar wat ‘n traan of twee wegvee,” sê Tania, terwyl sy aan die Bulletin vertel dat sy graag aan oumense ook voorlees. Sy besoek graag ouetehuise en lees dan aan die inwoners voor.

Die stories is eg Suid Afrikaans en maak jou bietjie dink. Dit is stories wat met elkeen kon gebeur het, nie stories van daar vêr nie maar stories van hier naby mens.

Norma, van genade plaas het soos gewoonlik uitgeblink met die dingetjies om te eet. Elkeen het die HIGH TEE in ‘n Box baie geniet. Dit was pragtig versier en mooi uitgestal vir elkeen om hulle dalk eers visueel te verlustig aan die soet en soutighydjies.

Natuurlik is die dag afgesluit met die gebruiklike boek tekening. Dit was egter nie so maklik nie, Elkeen het die kans gebruik om eers ‘n bietjie met Tania te gesêls.

Lees ook: Lifetime achievement for Anton Froneman