Sunday, January 19, 2025

Elzette Botes, Oosterland Hoërskool Hoof groet Secunda

Bookmark
Bookmarked

Elzette Botes groet Secunda op gepaste wyse.

Elzette Botes het by ‘n spog geleentheid haar skool en Secunda vaarwel geroep.

Elzette Botes
Elzette Botes

Die saal was spoggerig opgemaak en uitgenooide gaste kon die laaste funksie saam met haar deurbring.

Elzette Botes was vir 33 jaar verbonde aan Hoërskool Oosterland. In 2000 is sy as waarnemende hoof aangestel en 2002 as adjunkhoof. Vanaf 2005 het sy weer as waarnemende hoof diens gedoen en in 2008 is sy as hoof aangestel waar sy gedien het tot en met haar aftrede einde Julie vanjaar.

Hoërskool Oosterland het destyds as die tweede Afrikaanse Skool bekend gestaan.

Sy het in haar toespraak vertel hoe sy idees geleën het by ander skole, soos bv die Wiele skou en die “mascot” Kaptein. Elzette het self al ‘n paar keer die uitrusting aangetrek. Sy het ook baie lof aan haar “enjinkamer” gebring. Sonder hulle sou sy nie haar taak as hoof kon verrig nie het sy gesê.

Elzette het ook tydens haar toespraak haar geskiedenis in hoofstukke ingedeel en haar interesante geskiedenis met almal gedeel. Ky gerus na die volle toespraak hier onder.

Mev Elzette Botes se finale toespraak tydens ‘n glans funksie by Hoërskool Oosterland

Sy het die musiek sentrum in klasse omskep en gesorg dat die skool ‘n paveljoen kry. Onder haar leiding het die skool woonstelle vir die jong onderwysers gebou, ‘n Krieket akedemie begin en die orkes uitgebrei na ongeveer 80 lede.

Elzette Botes sal onthou word vir haar toewyding by die skool. Sy het op haar laaste dag gesorg dat sy haar klasse nog aanbied en het niks gemis nie.

Elzette en haar man, Antonie, verruil die Hoëveld vir hulle nuwe huis in Hartenbos.

Die Skool het haar ook onlangs vereer deur die splinternuwe meerdoel sentrum na haar te vernoem.

Elzette Botes was betrokke by al die aspekte van die skool en sal voorwaar gemis word.

Die Bulletin wens haar en Antonie alle voorspoed toe daar in Hartenbos. Mag julle die aftrede geniet en julle tone natmaak in die see.

Laso Read: Bethal SPCA faces a bleak future due to a lack of funds