Sunday, January 19, 2025

Bethal DBV – Jakkie Louw tree op by Stoepstories

Bookmark
Bookmarked

Saterdag aand het sommer baie vining vrolik geword toe Jakkie Louw, Bekende Afrikaanse sanger, by Stoepstories in Bethal ten bate van die DBV opgetree het.

Jakkie het ‘n sagte plek vir diere. Tussen hom en Stoepstories het hulle besluit om ‘n optrede op die planke te roep. Albei het besluit om die aand ten bate van die Bethal DBV te doen.

Ingang was gratis mits jy kos vir die diere saamgebring het.

Die Bulletin gesêls met Adri Pieterse (DBV Komitee lid) en Jakkie louw

Jakkie het ook verduidelik dat hy ‘n lekker verbintenis met Stoepstories het en gereeld daar optree. Dit is nou in Bethal en Trichardt.

Baie dankie aan Stoepstories asook Jakkie Louw vir hierdie wonderlike initiatief.

Die DBV in Bethal gaan erg gebuk onder finansiële druk en elke bietjie geld wat ingesamel kan word help. Bethal DBV is ook nou verantwoordelik vir Standerton en Kriel asook Ermelo. Standerton en Kriel was die verantwoordelikheid van die Highveld Ridge SPCA naby Evander maar dit is nie lank terug verander.

Die area wat Bethal DBV dek is redelik groot en hulle sukkel om orals by te kom. Die diere wat hulle versorg word met groot deernis behandel maar dit bly moeilik om vir almal kos te kan gee.

Bethal DBV
Stoepstories Bethal

Die Bulletin will graag die publiek uitnooi om gereeld ‘n sakkie kos by die DBV te gaan aflaai of dalk ‘n klein donasie te maak.

Die geldelike donasies kan ook direk in hulle rekening inbetaal word. Die volgende is die rekening besonderhede:

SPCA Bethal, Standard Bank, Rekening nommer 031033253, Tak kode 052544.

Daar is ook ‘n “Adopt a kennel” program.

Die enigste bron van inkomste vir die Bethal se DBV is deur donasies en daarom vra hulle dat die publiek asook besighede sal deelneem aan hierdie program.

Die program sal help om ‘n volhoubare inkomste te vestig wat sal help om die vaste uitgawes te dek.

Die inkomste sal ook help om die diere se omstandigehede te verbeter.

Die program werk soos volg:

Jy kies die hok nommer tussen 1-38 en een van die volgende opsies.

Opsie 1

‘N eenmalige bedrag van R1500 of meer kan deur besighede geborg word. Die besigheids embleem (Logo) word dan op die Bethal DBV Facebook blad geplaas en ‘n “Section 18 A Tax receipt” kan dan op aanvraag uitgereik word. Die borg sal ook ‘n Sertifikaat ontvang.

Lees ook: Water pressure reduction for GMM.

Opsie 2

Besighede kan ‘n maandelikse bedrag van R500 of meer word geborg. Die besigheids embleem (Logo) word dan op die Bethal DBV Facebook blad geplaas en ‘n “Section 18 A Tax receipt” kan dan op aanvraag uitgereik word. Die borg sal ook ‘n Sertifikaat ontvang. “n plaaitjie met die borg se naam sal aand die hok wat geborg word aangebring word indien daar ‘n onderneming en verbintenis is vir 12 maande of meer.

Opsie 3

“n individu kan ‘n eenmalige bedrag van R500 of meer borg. ‘n “Section 18 A Tax receipt” kan dan op aanvraag uitgereik word. Die borg sal ook ‘n Sertifikaat ontvang en sy/haar naam sal op die kantoor se borg bord aangebring word.

Opsie 4

Individue kan ‘n maandelikse bedrag van R100 of meer borg. ‘n “Section 18 A Tax receipt” kan dan op aanvraag uitgereik word. Die borg sal ook ‘n Sertifikaat ontvang. ‘N plaaitjie met die borg se naam sal aan die hok van hul keuse aangebring word indien daar ‘n onderneming of verbintenis van 12 maande of meer is.

Opsie 5

Individue kan onderneem om kos op ‘n maandelikse basis vir hul gekose hok af te lewer. ‘N plaaitjie met die borg se naam sal aan die hok van hul keuse aangebring word indien daar ‘n onderneming of verbintenis van 12 maande of meer is. Die borg sal ook ‘n Sertifikaat ontvang. Op hierdie manier kan ons die fondse ontvang aanwend vir meer dringende uitgawes.

Help die Bethal DBV om ‘n stem te wees vir diegene daarsonder!

Vir meer inligtin kan Barbara Mitton gekontak word by mittonb@inafrica.co.za of stuur ‘n epos aan office@spcabethal.co.za met “Adopt a Kennel” as onderwerp en aandag: Barbara

Bethal DBV
Help asb die Bethal DBV

Kom ons maak ‘n verskil!