Sunday, October 6, 2024

Laerskool Secunda se personeel blink uit!

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Secunda onderwysers gekies as Gert Sibande afrigters.

By Laerskool Secunda werk hul personeel nie net met kinders nie, maar dit wat hulle doen en aanpak is ‘n absolute passie!

Laerskool Secunda kondig graag aan dat mnr. Thinus Strydom en mnr. Ruben Silvo gekies is om deel te wees van die Mpumalanga Krieket-Streekstoernooi wat op 30 September begin.

Mnr. Thinus is gekies as die Gert Sibande afrigter vir die 0/13 krieketspan en Mnr. Ruben is die spanbestuurder.

laerskool secunda
Mnr. Ruben Silvo (links) en Mnr. Thinus Strydom (regs)

Mnr. Roelof Steyn is ook gekies as die Gert Sibande afrigter vir die 0/12 Rugby-streekspan. Hulle neem deel aan die Mpumalanga Rugby-Streekstoernooi wat op 30 September afskop.

Lees ook: LAERSKOOL SECUNDA SE 0/9 KRIEKETSPAN ONOORWONNE!

Mnr. Roelof Steyn

“Ons is baie trots op ons wennerpersoneel!” sê Collene Holder, Bemarking Laerskool Secunda.

Vir meer inligting oor die #wennerskool kan mens hulle gerus volg op Laerskool Secunda se Facebookblad.