Sunday, October 6, 2024

Pieter Lewis as nuwe Oosies Hoof aangestel

Bookmark
Bookmarked

Hoërskool Oosterland het Pieter Lewis as hul nuwe hoof aangestel.

Hoërskool Oosterland Leerlinge het vandag terugekeer na ‘n lekker lang vakansie en kon instap met die wete dat ‘n nuwe hoof aangestel is.

Pieter Lewis is aangestel as die nuwe hoof van Hoërskool Oosterland.

Pieter Lewis
Pieter Lewis is aangestel as die nuwe hoof van Hoërskool Oosterland.

Pieter Lewis is nie onbekend by die leerlinge nie aangesien hy al reeds lank by die skool betrokke was.

Die Bulletin het met Pieter gepraat oor sy planne met die skool en so bietjie oor waar hy vandaan kom.

Die Bulletin het met Pieter Lewis gesels oor sy aanstelling as Hoof by Hoërskool Oosterland

Dit was lekker om te hoor dat hy van Pietersburg af kom, nou natuurlik Polokwane, terwyl ek self van Tzaneen afkomstig is. Pieter het by HTS Tom Naude gematrikuleer waarna hy na Potchefstroom “verhuis” het vir sy studies. Hulle groep studente was die eerste groep wat Tegnies gestudeer het by die onderwyskollege in Potchefstroom.

Lees ook: Elzette Botes, Oosterland Hoërskool Hoof groet Secunda

Na sy verpligte weermag diens op Oudtshoorn het hy hom as jong onderwyser aangesluit by die Hoërskool Oosterland span.

Daar was so ‘n jaar en ‘n half wat hy hom buite die onderwys bevind het maar die onderwys was in sy bloed en hy is toe baie vining weer terug by Hoërskool Oosterland waar hy nog steeds is.

Pieter het op die vraag oor sy gunsteling vak wat hy graag sou wou aanbied geantwword dat hy al die jare Elektriese Tegnologie aangebied het en dit bly maar sy liefde.

Die Bulletin het aan Pieter gevra wat sy planne is vir die skool, hy het sonder huiwering gesê dat hy sy mense wil motifeer. Hy wil ook seker maak dat hulle as ‘n skool, gehalte onderwys aanbied.

“Die Beheerliggaam van Hoërskool Oosterland is baie opgewonde oor die aanstelling van ons nuwe skoolhoof, Mnr Pieter Lewis,” het Mr Thinus du Plessis, Voorsitter van die beheerliggaam aan die Bulletin gesê. “Mnr Lewis is nie onbekend aan ons skool nie. Hy spog met 29 jaar onderwyservaring op sy kerfstok en was ook adjunkhoof van ons skool.”

“Mnr Lewis het n passie vir die onderwys en vir ons kinders en staan nie terug om self hand aan die ploeg te slaan nie,” het Thinus verder gesê, “Die Beheerliggaam staan bankvas agter ons nuwe hoof en wens hom alle voorspoed toe met die nuwe uitdaging.”

Die Bulletin wil dan ook graag van die geleentheid gebruik maak om Mr Lewis geluk te wens met sy aanstelling as hoof en ons glo dat die skool net nog groter hoogtes sal bereik onder sy leiding.