Friday, November 15, 2024

Die Boere, die Rus en Val

Bookmark
Bookmarked

Wat het die Boere en die Russe en Val in gemeen?

Afrikaans en ‘n pragtige meisie, al die pad van Rusland. Maar dit maak dit maak nie sin nie. Nee kom ek werp meer lig op die onderwerp.

Lika Gorokhowa, ‘n student aan die Moskouse Staatsuniversiteit, het na Suid Afrika gereis en op die koop toe ‘n boek vrygestel. Maar ek loop die storie vooruit.

Die verwelkoming en bekendstelling by Val stasie

Die storie begin eintlik met twee baie interressante mense, Wessel Oosthuizen en Nico Moolman. Hulle twee het saam ‘n boek geskryf genaamd, Boere en Russe – Persoonlike vriendskappe.

Eers kortliks iets van hulle elkeen. Ek leen dit uit hulle boek, Boere en Russe.

Nico Moolman, die skrywer van The Boer Whore en etlike ander boeke oor die Anglo-Boereoorlog, het sy uitgebreide kennis en ervaring ingespan om ook vir dié boek insiggende bydraes oor betrekkinge tussen Boere en Russe gedurende die tydperk 1898 tot 1945 te lewer. Moolman het al 16 boeke agter sy naam.

Wessel Oosthuizen smee al sedert 1991 bande met Russiese burgers, onder wie tientalle bekendes, beroemdes en hooggeplaastes. Hy is ‘n outeur van 21 boeke. Tot voor die bekendstelling van dié boek (Boere en Russe) was hy al 18 keer in Rusland en was hy die gasheer van vele Russe wat Suid Afrika besoek het.

Die Bulletin in gesprek met Nico Moolman

Hulle wou graag hulle boek in Russies vertaal en het, deur die Russiese Ambasedeur, met Dr Monika Urb in aanraking gekom. Sy is die dosent van die Afrika-studies Departement van die Moskouse Staatsuniversiteit. Sy en haar studente het die boek in Russies vertaal.

Nico en Wessel wou graag haar nooi na Suid Afrika maar sy kon ongelukkig nie na SA reis nie. “n ander plan is gemaak en 10 onderhoude was na Nico en Wessel gestuur waarna hulle toe op een student besluit het naamlik Lika Gorokhowa.

Lika het die tog aangepak en ‘n onvergeetlike ervaring meegemaak het sy aan die Bulletin vertel. Sy het haar wedervaringe neergepen en met die aansporing van Wessel het sy dit toe in ‘n boek vervat.

Die gesprek met Lika Gorokhova en Wessel Oosthuizen in die welbekende Val Hotel

Dit bring ons by Val, die klein dorpie nie ver van Secunda af nie. ‘n Klein dorpie met ‘n stasie wat ‘n baie belangrike rol in die oorloë van die verlede gespeel het. Dit is ook die kleinste dorpie in die land met ‘n poskode. Rita Britz eienaar van die Val Hotel het gesorg dat alles seepglad verloop.

Hierdie klein dorpie is Wessel Oosthuizen se geboorte dorp en saam het hulle besluit om die boek Boere en Russe daar vry te stel. Lika het ook die geleentheid gebruik om haar eie boek, Oor die goudgeel vlaktes van Suid-Afrika, vry te stel.

Lees ook: Marietha Cole tree af na ‘n lang suksesvolle loopbaan

Tydens die klein seremonie op die Val stasie het sy vertel hoe sy Val ervaar het en gekies het as die plek om haar boek vry te stel. Hoe snaaks het dit nie geklink vir sommige om Russies op die peron van Val te hoor nie.

Lika Gorokhova dra weer die gediggie voor en vertel nog bietjie meer

Die boek van Nico en Wessel vertel ook lekker stories van Russe en Boere se vriendskappe. Tydens my gesprekke met hulle twee het ek gou agtergekom hoe diep hulle verbintenisse met die Russe was. Ek sou graag baie langer met hulle wou gesels maar daar was ongelukkig nie genoeg tyd nie.

Hulle het vertel van Russe wat tydens die Anglo-Boereoorlog hierheen gekom het om teen die Engelse te veg. Die boek is vol interresanthede, die verhale is lekker kort met ‘n magdom van fotos. Wat die boek ook so interressant maak en dalk ‘n eerste is in Suid Afrika is dat die boek altwee tale, Afrikaans en Russies, vervat. As mens van die een kant af lees dat in dit in Afrikaans en as hy van die anderkant af gelees word is hy in Russies.

Drie uiteenlopende mense, Nico Wessel en Lika maar ook met so baie in gemeen. Hier, op die kleinste dorp in die land, wat ‘n poskode het,  vertel hulle die verhale en liefdes wat die twee lande op so ‘n besonderse manier verbind.

Die boeke is beskikbaar by Kraal Uitgewers asook Protea Boekwinkel, albei in Pretoria of by Wessel self. Wessel se kontak besonderhede is: wesoos@telkomsa.net