Laerskool Kruinpark leerders blink uit tydens Radikale Redenaars.
Laerskool Kruinpark se Kekkelkouse het behoorlik gekook tydens die Radikale Redenaars en Leesfees, met nie minder nie as 34 deelnemers wat kwalifiseer vir die streeksfinaal!
Baie geluk ook aan die twee Kekkelkouse wat kwalifiseer vir die Radikale Nasionaal. Simeon Coetzee, Graad R, het uitgeblink in die Radikale Leesfees, Poësie. Amelia Shaw praat haar plek oop na die Nasionale Finale met Redenaars. Hulle is die ENIGSTE DEELNEMERS IN MPUMALANGA wat in hulle AFDELINGS KWALIFISEER vir die NASIONAAL.
Die volgende leerders het gedurende 2021 die wêreld aan die brand gepraat.
Graad 1: Lua Olivier (Redenaars); Luné Erasmus (Redenaars); Melandri du Plessis (Redenaars).
Graad 2: Dine-Mari Grobler (Redenaars); Eckard Beelders (Redenaars); Sebastian Botha (Redenaars en Prosa); Ava Blaauw (Prosa); Markus Coetzee (Prosa).
Graad 3: Jani Nel (Redenaars); Milan Zwarts (Redenaars, Prosa en Poësie); Anél Grobler (Poësie).
Graad 4: Abigail Zwarts (Redenaars, Prosa en Poetry); Aiden Olckers (Redenaars Public speaking en Prose); Alexander Botha (Redenaars en Poësie); Anru Aucamp (Redenaars); Lianke Obermeyer (Redenaars, Public speaking, Poësie en Poetry); Miané van Niekerk (Redenaars).
Graad 5: Imke van der Lith (Redenaars en Prosa); Ju-Ané du Plessis (Redenaars).
Graad 6: Janno Wolmarans (Redenaars).
Graad 7: Estian Knoetze (Redenaars).
RADIKAAL NASIONAAL VIR ONS KEKKELKOUSE!
Baie geluk aan ons twee Kekkelkouse wat kwalifiseer vir die Radikale Nasionaal. Simeon Coetzee, Graad R, het uitgeblink in die Radikale Leesfees, Poësie.Amelia Shaw praat haar plek oop na die Nasionale Finale met Redenaars. Hulle is die ENIGSTE DEELNEMERS IN MPUMALANGA wat in hulle AFDELINGS KWALIFISEER vir die NASIONAAL.
Maak seker dat jy op geen nuus uitmis nie, deur Laerskool Kruinpark se amptelike FB Blad te volg deur hier te kliek.
Lees ook meer oor Laerskool Kruinpark se ATKV REDENAARS TOP 10 UITSLAE.