Juffrou Elna Botha is aangestel as die departementshoof van die intersenfase by Laerskool Secunda.
Elna is ‘n vrou van formaat. Nadat sy aan die Hoërskool Brits gematrikuleer het, het sy aangesluit by die Vroue Leërkollege in George.
Na die jaar by die Vroue Leërkollege het sy haar studies by die Potchefstroomse Onderwyskollege begin.
Lees ook: So is die Lewe: Om die pyn te laat ophou.
Hier het sy dan ook haar HOD kwalifikasie voltooi met Wiskunde as hoofvak.
Haar eerste skool was Hoërskool Ermelo waar sy in 1992 begin skoolhou het. Elna is later na Laerskool Hoëveld in Evander waar sy as wiskunde juffrou 12 jaar lank skool gehou het. Met wiskunde as haar spesialiteit het sy dan ook vir 13 jaar by Laerskool Oranjegloed Primêre Wiskunde vir die Graad 6 en 7s gegee voordat sy haar uiteindelik by Laerskool Secunda aangesluit het.
Met Barnie, haar man, en haar twee kinders in die gesin is onderwys elke dag deel van hulle lewe het Elna gesê.
“Dit is ‘n wonderlike voorreg om ‘n beroep te kan beoefen wat soveel vreugde aan ‘n mens se lewe toevoeg,” sê Elna.
Ons wens Elna alle voorspoed en glo dat sy net ‘n aanwins sal wees in die nuwe pos.
Besoek Laerskool Secunda se Facebook blad HIER