Friday, November 15, 2024

Afriforum skenk skoonmaakmiddels

Bookmark
Bookmarked
Tehuise en kerke in Morgenzon ontvang skoonmaakmiddels vanaf Afriforum

AfriForum se Bethal-tak het saam met die Helpende Hand-tak in Morgenzon op 3 Desember skoonmaakmiddels aan kerke en tehuise in Morgenzon geskenk en versprei.

Hierdie skenking ter waarde van R8 000 sluit handreinigers en handewasseep asook ’n groot hoeveelheid skoonmaakmiddels soos bleikmiddels en skottelgoedseep in.

Afriforum skenk skoonmaak middels
Vlnr. Thea Smal, Jeannie Nel, Marieta Visser, Sybel Lundell, Dave Cook.

Dié skenking is aan AfriForum gemaak deur ’n anonieme donateur wat gevra het dat die organisasie dit versprei na areas waar dit benodig word. Daar is ook ’n soortgelyke skenking aan die Silwerjare-tehuis in Bethal gemaak.

Lees ook: Geroeste stopteken vervang deur Afriforum, Bethal

“Organisasies soos tehuise en kerke kry finansieel baie swaar te midde van die COVID-19-pandemie en ’n skenking soos hierdie help om die las ’n bietjie ligter te maak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in Mpumalanga.

Besoek Afriforum HIER