Saturday, November 16, 2024

Albert van Wyk kuier by Hoërskool Oosterland

Bookmark
Bookmarked

Donderdag, 27 Februarie, het die selfgemaakte miljoenêr Albert van Wyk met die skoliere van Hoërskool Oosterland gesels en hulle meer vertel oor hoe dit moontlik is om hulle drome te bereik.

In 2017 het sy boek “How to Become a Millionaire at 22” op die rakke beland. Albert het nie weer terug gekyk nie.

Die boek het hom die kans gegee om terug te gee aan die gemeenskap deur jonk en oud te help en oor te dra wat hy geleer het.

Albert is trots om te sê dat sy pa die inspirasie was vir sy sukses. Hy vertel hoe sy pa hom sy eerste finansieële boek gegee het om te lees op 10 jaar oud!

Hy het begin om speelgoed by die skool te verkoop tot die hoof hom uitgevang het. Dit het hom nie gestop nie en hy het sy besigheid geskuif na net buite die skool se hek.

Albert het aangehou om verskeie items te verkoop. In matriek het hy ‘n beurs ontvang en die wettenskap gewen met sy pa: hy kry die geld wat sy ouers sou betaal het vir universiteit. Hy het die geld gebruik om sy eerste eiendom te koop.

Om meer uit te vind van Albert, gaan woon sy meesterklas by op 6 Maart te Hoërskool Oosterland. Die klas is R350 per persoon en enige iemand is welkom! Skakel gerus die skool vir meer inligting. – Ané Prinsloo