Share FacebookTwitterPinterestWhatsAppEmailPrintTelegramCopy URL Hoërskool Secunda skop jaar af op ‘n gallop By Ane Prinsloo January 21, 2020 The BulletinThe Bulletin Community News BookmarkBookmarked 0Comments Twee personeellede is tydens die onlangse opleidingsgeleentheid van die provinsie se landsdienspersoneel tot die provinsiale bestuurspan verkies. Me. J. Rudolph se portefeulje is Hoërskool verteenwoordiger en jeugskakel. Mnr. D. Scheepers se portefeulje behels Sosiale media en sang. Naudè Erasmus, tans ‘n Gr. 11- leerling van Hoërskool Secunda, het die afgelope vakansie aan die SA Junior Jukskeikampioenskappe te Kroonstad deelgeneem. Hy is gekies vir die SA Akademie -span wat later vanjaar na Uganda gaan toer. Nicolien Janse van Rensburg, ‘n matrikulant van Hoërskool Secunda, het die afgelope vakansie vir die tweede keer aan die Vrouekrieket SA T20-Superliga vir die Starlights span op Nuweland in Kaapstad deelgeneem. Die T20-liga is ‘n binnelandse kompetisie waar vier spanne oor drie dae kragte meet. Verskeie Protea-sterre het ook aan die kompetisie deelgeneem. 1425 Ane Prinsloo Previous articleRoots Butchery sponsors 400 school bags to Grade 1sNext articleHoërskool Oosterland excel at Olympiad