Laerskool Kruinpark se redenaars en lesers het tydens grendeltyd gewoeker met hulle talente en puik prestasies behaal!
Altesaam 61 Redenaars- en Lees items is deur na die Podium Pret, Conspirito en Radikale Redenaars en Leesfees se nasionale finale!
‘n Verdere 27 items het gekwalifiseer vir die Radikale Semi-finale, wat as gevolg van Covid 19 gekanselleer is.
LEES OOK: Laerskool Kruinpark leerders presteer in dans
In totaal het Kruinpark 88 uitonderlike prestasies gelewer!
Hierdie Kruinpark Kekkelkouse en hulle afrigters het aanlyn geoefen en al die kompetisies het aanlyn plaasgevind. Dit was ‘n nuwe avontuur, maar uit en uit al die moeite en lugtyd werd!
BESOEK GERUS LAERSKOOL KRUINPARK SE WEBBLAD HIER
Con Spirito Eisteddfod was in 2003 gevind deur Lizelle van Staden en Zabé Jonker in die Oos Rand. Hulle het die nood gesien om kinders te bevorder en hulle talente te op ‘n platform te kan skouspel.
Hulle glo dat kinders ontwikkel moet word. Elke kind word as ‘n individue gesien gedurende hulle Eisteddfod.
Con Spirito is ‘n platform waar elke kind hulle talente kan ontwikkel in ‘n vriendelike omgewing met persoonlike terugvoering om die kind te help groei.