Wednesday, May 1, 2024

Laerskool Secunda: Elke kind is ‘n wenner

Bookmark
Bookmarked

Bo: H.J Hobkirk (0/12) gedurende sy hoogspring sprong by die Hoëveldrif Wes-atletiekbyeenkoms wat op Donderdag, 13 Februarie by die Lillian Ngoyi Stadium in Secunda plaasgevind het.

Agt van Laerskool Secunda se atlete het op Saterdag, 15 Februarie aan die Govan Mbeki atletiekbyeenkoms deelgeneem en dring deur na die Gert Sibande atletiekbyeenkoms wat op 29 Februarie in Secunda plaasvind. Voor lnr: Amore Roets, Lumarie du Plessis, Leonardo Brits, Ruben Meister. Agter lnr: Henrico Ferreira, Matshidiso Makgato, Schalk Brits, Hanco van Geelen

Die afgelope naweek het Annika de Vries en Ava Shambo aan die eerste Mpumalanga kwalifiserende perdry-kompetisie vir die jaar deelgeneem. Hulle albei het Laerskool Secunda verteenwoordig en het die volgende plekke behaal:
Annika (regs) het ‘n algehele tweede plek in die afdeling vir laerskool ruiters in die eerste kompeterende vlak behaal. Sy het ook ‘n trofee vir die beste nuweling in Mpumalanga by die 2019 Nasionale Kampioenskappe ontvang.
Ava (links) het ‘n algehele vierde plek in haar afdeling behaal.