Voortrekkers besoek Trichardtsfonteindam

0
137

Sasol Canoe Club was die afgelope naweek gasheer vir ‘n klein, maar entoesiastiese groepie Voortrekkers van af Centurion en Midstream.
Die kinders was tussen 10 en 11 jaar oud.
Die kinders het ‘n program gevolg wat hulle dan so mee kon kwalifiseer vir ‘n Roeikunde kenteken.
Soos met alle programme was daar eers ‘n les of twee in die klaskamer. Daar is bespreek hoe mens ‘n flot kan maak asook verskillende soorte vlotte. Die verskille tussen ‘n Kayak en ‘n Kano is ook bespreek. Natuurlik is die geskiedenis van Roei ook bespreek.
Die belangrikste was veiligheid. Daar was reddingsbaadjies wat mens kon bespreek.
Die groot oomblik het toe aangebreek. Dis nou om die water aan te durf, eers nadat al die roei tegnieke sorgvuldig verduidelik is.
Dit was duidelik dat roei nie so maklik is as wat dit lyk nie en baie het met hulle Kano’s omgeval gelukkig was die water vlak en die kinders kon dan staan. Baie dankie aan Sasol Canoe Club vir hulle gasvryheid.
Sasol Canoe Club is a fairly small club with 20 adult members. Practices are on Tuesdays and Thursdays. Members can also join just for excersise. There is enough equipment to test the sport first before buying.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here